Jeug Alpha: Sessie 3: Hoekom het Jesus gesterf?

3. groot - hoekom het Jesus gesterf

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Senior Jeug Alpha

Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.

Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.

Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/

Sessie 3: Hoekom het Jesus gesterf?

Ysbreker: Hierdie sessie begin met die “hoekom speletjie”, waar die kinders ‘n klomp simpel ‘hoekom’ vrae vir mekaar vra. Daar is verskillende tipes : Hoekom?” vrae, party is sommer lekker simpel en ander is baie belangrik.

In hierdie sessie gaan ons stilstaan by een baie belangrike “ hoekom?” vraag. Hoekom moes Jesus sterf?

Deel vir elke groep `n afskrif van die prentjie van die vier dames uit. Kinders moet die prentjie bestudeer en sê watter een nie pas nie. Die een wat nie pas nie, is natuurlik die een met die pêrelhalssnoer. –  Sy is die enigste een wat nie ‘n instrument van dood of mishandeling as juweelstuk dra nie.

`n Instrument van mishandeling en tergstelling is die algemeenste simbool van die Christelike geloof, die kruis is die hart van die Christelike geloof.

Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord. Daarna is daar ‘n demonstrasie om die effek van sonde in ons verhouding met God te demonstreer, en word daar bietjie daaroor gesels.

Die sessie word afgesluit met die volgende vrae:

  • Hoe voel jy oor die idee dat God `n verhouding met jou wil hê?
  • Verstaan jy hoe die dood van Jesus aan die kruis die probleem wat sonde veroorsaak het oplos?
  • Hoe voel jy oor die idee dat Jesus so ‘n afgryslike dood aan die kruis moes sterf, sodat jou en my sonde vergewe kan word?
  • Dink jy dat om`n verhouding met God te hê iets positiefs is?

Hier is die derde sessie se video Clip:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUG ALPHA – Sessie 3 – Hoekom het Jesus gesterf

2. Ysbreker – Hoekom speletjie

Uitdeelstuk – Sessie 3 – Die 4 dames

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s