Hierdie is ons sewentiende Kort boodskap, Saalopening idee.
Storie: Die Coke blikkie
Hierdie is ‘n ou bekende storie wat ons onlangs weer op afgekom het.
Die rooi van die blikkie stel die bloed van Jesus voor. Die swart strepies is die sonde wat ek en jy doen. Die wit is reinheid, wanneer jy jou sonde bely dan word jy rein.
Coca-Cola staan vir Come On Children Accept Christ Our Lord Amen, Coke staan vir Christus Ons Koning Ewig.
Agter op die blikkie sien jy daar staan 340 ml – dit kan verwys na Klaagliedere 3:40 waar daar geskryf is dat jy tot die Here moet bekeer. As jy dit doen dan gooi jy jou sondes weg soos die mannetjie agter op. Dán is jy ’n koningskind. Dit word voorgestel deur die kroon.
As jy nog twyfel of jou sondes vergewe is kyk na die SABS-handelsmerk wat jou waarborg is.
Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom kook hy oor as jy hom oopmaak – so is dit ook as jy tot bekering kom, dit borrel binne jou.
Teksvers: Klaagliedere 3:40 “Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer”
Prakties:
Kry drie vrywilligers wat lief vir Coke is om voordat jy met die storie begin ‘n kompetisie te hou – wie kan die blikkie Coke die vinnigste klaardrink.
Hierdie saalbyeenkoms is vir Laerskool sowel as Hoërskool kinders beskikbaar.
Laai die Saalopeninge hieronder in PDF formaat af:
17. Saalopening – Laerskool – Die storie van die Coca-Cola blikkie
17. Saalopening – Hoërskool – Die Storie van die Coke blikkie
Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/