AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Senior Jeug Alpha
Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Jeug Alpha is ‘n wonderlike manier om ‘n geloof-grondslag vir jou kinders te lê.
Die Video Clips is ongelukkig steeds in Engels, maar regtig baie oulik en ‘user friendly’. Jy kan die sessies met of sonder die video clips aanbied. As jy tyd en die hulpbronne het, sal ons egter aanbeveel dat jy die video clips gebruik.
Lees eers die Blogpost oor Jeug Alpha vir gratis toegang tot die video clips.
https://algoagemeenskapskerk.com/2019/06/14/internet-hulpbronne-jeug-alpha/
Sessie 12: Genees God vandag nog?
Hierdie is ‘n redelike lang sessie, want ons het twee mense uit ons eie gemeente gevra om kortliks te getuig oor hoe God hulle genees het. Ons het dus nie ‘n ysbreker vir die sessie nie.
Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord.
Bid vir genesing:
Na die getuienisse kry die kinders kans om in die groepie te gesels oor wie van hulle iets rondom genesing het waarvoor hulle wil hê die groep vir hulle moet bid. Die persoon of persone gaan dan in die middel van die kring sit, en die leier en wie ook al gemaklik daarmee is gaan dan vir die persoon bid.
Die video clip vir hierdie sessie is ongelukkig nie meer op YouTube beskibaar nie. Jy kan dit gratis op Alpha se webtuiste aflaai as jy vir die kursus registreer.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 12- Genees God vandag nog
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/jeug-alpha-sondagskool/
Goeie dag, ek wil net baie baie dankie se vir die ongelooflike hulpbronne en passie en hulp wat julle vir ons bied. Mag God julle seen!
Kan ek asb vra of jul vir my die hele Alpha kurses se pdfs kan stuur. Grooooot asb?
LikeLike
Hi Carla, Baie dankie vir die terugvoer. Die hele Alpha se PDF’s is op die Blog beskikbaar.
Jy sal dit alles by die volgende skakel kry: https://algoagemeenskapskerk.com/2020/05/05/lesreeks-senior-jeug-alpha/
en hierdie is die skakel na die Kinderkerk weergawe: https://algoagemeenskapskerk.com/2020/05/02/kinderkerk-lesreeks-jeug-alpha/
LikeLike