Jeug Alpha is ‘n ‘awesome’ reeks om met jou kinders te doen, dit lê die fondasie van die christelike geloof op ‘n baie eenvoudige, interaktiewe manier. Hierdie reeks kan baie effektief as deel van huisgodsdiens tydens lockdown tyd gedoen word.
Formaat:
Een van die idees rondom Alpha is dat die mense wat dit bywoon voor die tyd saam eet. Ongelukkig werk hierdie konsep nie so goed met die kinders nie, want tyd is altyd ‘n faktor omdat dit die volgende dag skool is.
Video Clips:
Jy kan die Alpha kursus op twee maniere vir jou kinders aanbied, wat baie sal afhang van jou tyd en hulpbronne.
Die Alpha span het baie oulike video clips (ongelukkig in Engels) van elke sessie gemaak. Indien jy die tyd en die hulpbronne het sal ons voorstel dat jy die video clips gebruik, want dit dek jou inhoud en dis baie eenvoudig en interaktief gedoen.
Tydens elke video clip is daar drie vrae wat tydens die clip deur die groepe beantwoord word. Jy ‘pause’ die clip, en gaan dan aan na elke vraag.
Indien jy nie die tyd of die hulpbronne het nie, kan jy net ons materiaal gebruik wat volledig genoeg is om nogsteeds ‘n impak te maak.
Materiaal:
Ons groep EPIC Jeugleiers het so paar jaar gelede die uitdaging aanvaar om die Jeug Alpha se materiaal, wat net in Engels beskikbaar is, na Afrikaans te vertaal. Ons het hierdie jaar ervaar dat ons dit weer met ons kinders moet doen, en het hierdie jaar ‘n stappie verder gegaan en dit ook vir ons Graad R-6 groep aangepas.
Ons materiaal begin met ‘n ysbreker wat ons dan ‘process’. Daarna kyk die kinders die video clip met die drie vrae tydens die clip, en daarna som ons op wat gesê is. Die kinders kry daarna geleentheid om die video clip te bespreek na aanleiding van ‘n paar vrae.
Kleingroepe:
Besprekings in kleingroepe is die belangrikste deel van Alpha. Dit gee kinders die veilige ruimte om vrae oor kwessies te vra wat hulle nooit anders die geleenheid sou hê om te vra nie.
Heilige Gees Naweek:
Wanneer die sessies oor die Heilige Gees aangebied word, gaan die groep gewoonlik kamp om genoeg tyd te gee om met die kinders te werk. Indien finansies dit nie toelaat nie, kan julle dit oor ‘n naweek by julle kerk hou. Dit spaar baie geld, en maak dit ook moontlik vir kinders om dit by te woon wat dit dalk nie sou kon bywoon nie.
Opleiding:
Alpha is ‘n kursus wat onder leiding van die Heilige Gees aangebied moet word, dis nie iets ‘random’ wat jy net besluit om met jou kinders te doen nie. Alpha word afgebid en deurgebid voordat jy dit met jou kinders doen.
Alpha maak voorsiening vir opleidings materiaal vir jou leiers wat regtig ‘n wonderlike manier is om hulle deel van die proses te maak, en kans te gee om saam oor Alpha te bid.
Gratis materiaal:
AL die materiaal is gratis op Alpha se webtuiste beskikbaar. Jy registreer jou Alpha kursus by hulle, en dit gee jou outomatiese toegang tot die geskrewe Engelse materiaal, asook die video clips.
Registreer Alpha by:
alpha.org/run
Lesreeks: Senior Jeug Alpha
Die Jeug Alpha reeks is vir die Sondagskool sowel as vir die Kinderkerk beskikbaar.
In hierdie reeks word die volgende temas behandel:
- Lewe – Is dit dit?
- Wie is Jesus?
- Hoekom het Jesus gesterf?
- Hoe kan ek geloof hê?
- Hoe en waarom moet ek bid?
- Hoe en waarom moet ek Bybel lees?
- Wie is die Heilige Gees, en wat doen Hy?
- Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees?
- Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe?
- Hoe kan ek die bose weerstaan?
- Hoe en waarom moet ek ander vertel?
- Genees God vandag nog?
- Wat van die kerk?
Sessie 1: LEWE – Is dit dit?
In hierdie sessie staan ons by die vraag stil: LEWE: Is dit dit? – Is daar meer aan die lewe as dit waarmee jy jouself elke dag besig hou? En as jy aanhou om jouself daarmee besig te hou wat gaan die gevolge wees?
Ons kyk spesifiek na die teksvers Joh 14:6 – waar Jesus sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.
Die video clip word gespeel, waartydens daar drie vrae is wat die kinders in die groepe moet beantwoord. Daarna staan ons in diepte by John 14:6 stil, en vra ‘n klomp baie belangrike vrae.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 1 – LEWE – Is dit dit
Sessie 2: Wie is Jesus?
In hierdie sessie gesels ons oor WIE Jesus is. Wanneer ons oor Jesus praat, praat ons gewoonlik oor wat Hy vir ons kom DOEN het, maar ons staan eintlik baie min stil by WIE Hy is.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 2 – Wie is Jesus
Sessie 3: Hoekom het Jesus gesterf?
In hierdie sessie gaan ons stilstaan by een baie belangrike “ hoekom?” vraag. Hoekom moes Jesus sterf? Voordat ons vir Jesus kan aanneem as ons Verlosser en Saligmaker is dit belangrik dat ons weet was Sy dood vir elkeen vir ons beteken. ‘n Klomp baie belangrike vrae word tydens hierdie sessie bespreek.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
JEUG ALPHA – Sessie 3 – Hoekom het Jesus gesterf
2. Ysbreker – Hoekom speletjie
Uitdeelstuk – Sessie 3 – Die 4 dames
Sessie 4: Hoe kan ek geloof hê?
Al het ons self dinge probeer en geproe kan dit soms moeilik wees om verseker te wees van wat ons proe. Is dit die “regte ding” of is dit ‘n namaaksel? Sommige mense voel so oor hulle geloof – oor Christenskap. Ons het almal verkillende ervarings, so hoe kan ons seker wees van ons geloof? Tydens hierdie sessie bespreek ons ‘n klompie vrae wat ons help om hierdie vraag te beantwoord.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 4 – Hoe kan ek geloof hê
Sessie 5: Hoe en waarom moet ek bid?
Hierdie is een van die belangrikste vrae op ons geestelike pad. Elke kind van God moet weet wat hierdie beteken. In hierdie sessie probeer ons om hierdie vraag op ‘n praktiese manier met belangrike vrae te beantwoord.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 5- Hoe en waarom moet ek bid
Sessie 6: Hoe en waarom moet ek Bybel lees?
Net soos gebed is Bybel lees een van die belangrikste aspekte van ons geestelike pad. Ons probeer om hierdie vraag deur middel van ‘n ysbreker en vrae te beantwoord.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 6 – Hoe en waarom moet ek Bybel lees
Speletjie – Staan dit in die Bybel
Sessie 7: Wie is die Heilige Gees en wat doen Hy?
Die Heilige Gees is al vir te lank verkeerd verstaan en verskuil. Hy is die derde Persoon van die Drie eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees. Dis makliker vir ons om God die Vader of Jesus die Seun van God in ons gedagtes voor te stel so ons mag dalk met die vraag sit: ‘Maar Wie is die Heilige Gees?” Ons probeer om die kinders deur middel van vrae met hierdie vraag te help.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 7 – Wie is die Heilige Gees en wat doen Hy
PPT Alpha – Heilige Gees Ysbreker
Sessie 8: Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees?
Hierdie sessie is baie anders as die vorige sessies, daar is geen besprekings vrae deur die video clip nie.
Ons het ‘n bekerings sessie by ons materiaal bygesit, omdat baie van die kinders wat Alpha bywoon nie noodwendig christene is en al ‘n keuse vir Jesus gemaak het nie. Baie van ons kinders wat Alpha bywoon het nog nooit voorheen eers die evangelie gehoor nie. En die ‘bottom line’ is: Jy kan nie gevul word met die Heilige Gees as jy nog nie tot bekering gekom het nie.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
JEUGLES – Sessie 8 – Hoe kan ek gevul word met die Heilige Gees
Sessie 9: Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe?
Hierdie sessie lyk ook heelwat anders as die voriges. In hierdie les kry die kinders kans om ‘n paar belangrike persoonlike vrae op hulle eie te antwoord:
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 9 – Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe
Sessie 10: Hoe kan ek die bose weerstaan?
Ons geestelike lewe is soos ‘n tou-trekkery. Aan die een kant is jy en aan die ander kant die satan wat probeer om ons ‘oor die tou’ aan SY kant probeer kry. Wanneer die wit lappie aan die satan se kant is, dan het hy met ons reggekry wat HY wou. En hy doen dit deur vir jou leuens te vertel oor jouself, die mense om jou, oor dit wat hy wil hê jy moet doen, en VERAL oor God. Hy probeer altyd dit wat hy wil hê jy moet doen ‘minder erg’ laat klink as wat dit eintlik is. So elke keer as die tou bietjie meer in SY rigting gaan, dan wen HY, en verloor JY! Elke keer as die tou in JOU rigting gaan, dan wen JY en verloor HY!!!
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 10 – Hoe kan ek die bose weerstaan
Sessie 11: Hoe en waarom moet ek ander vertel?
Dis nie altyd maklik om die goeie nuus van Jesus met mense te deel nie. Wanneer dit mense is wat ons ken is dit baie makliker as wanneer ons hulle nie ken nie, maar al is ons klein en voel ons onbelangrik verwag Jesus dit van ons.
In hierdie les kry die kinders kans om dit bietjie te oefen.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 11- Hoe en waarom moet ek ander vertel
Sessie 12: Genees God vandag nog?
Hierdie is ‘n redelike lang sessie, want ons het twee mense uit ons eie gemeente gevra om kortliks te getuig oor hoe God hulle genees het. Ons het dus nie ‘n ysbreker vir die sessie nie.
Na die getuienisse kry die kinders kans om in die groepie te gesels oor wie van hulle iets rondom genesing het waarvoor hulle wil hê die groep vir hulle moet bid. Die persoon of persone gaan dan in die middel van die kring sit, en die leier en wie ook al gemaklik daarmee is gaan dan vir die persoon bid.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 12- Genees God vandag nog
Sessie 13: Wat van die kerk?
Vir hierdie sessie het ons NIE Alpha se video clip gebruik nie, omdat hulle ‘n onderhoud met die pope deel van hierdie sessie gemaak het. Ons as kerk kan ons nie met dit waarvoor die pope staan vereenselwig nie.
Mense voel verskillende goed wanneer hulle aan die kerk dink, party is goed en party is sleg. In Heb 10:24-25 staan dat ons nie moet wegbly van die samekoms van gelowiges – die Kerk nie. Dit beteken ons moet sel en kerk toe gaan, want dis vir God belangrik. In hierdie les kyk ons so bietjie wat die kerk nou eintlik is, en hoekom dit belangrik is om kerk toe te gaan.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Jeug Alpha – Sessie 13- Wat van die kerk
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/