Ek sit nou die dag met al die lesse wat ek net reg het om op die Blog te post, en ek het ‘n intense verlange na ons kinders. Ek verlang daarna om saam met hulle die Here te loof en prys en saam van God te leer, en ek sit met die vraag binne my of dit wat ek het enigsins in hierdie vreemde tyd van ‘Lockdown’ gebruik sal kan word?
Ekself het nie ‘n antwoord op hierdie vraag nie, en dis beslis met huiwering wat ek tans post. Dit sal gaaf wees as van julle dalk hierop kan ‘comment’ dat ons ‘n idee rondom dit kan kry.
Kidspraise South Africa
So in my twyfel oor ons materiaal en my verlange na ons kinders kom ek op ‘n wonderlike gratis hulpbron af wat WEL in ‘Lockdown’ werk!
Gaan loer gerus na die wonderlike Kidspraise South Africa Facebook page. ‘n Klompie bekende name in kinderbediening het saamgespan en hierdie groep begin. Daar is ‘n lekker verskeidenheid van video clips oor ‘n klomp verskillende temas, en hulle laai daagliks nuwes op.
Julle as gesin kan saam na die Goeie Nuus Fabriek se gesinsdiens kyk. Oom Karoolus en Lente is daar te sien, Soekie Sandra Krog se wonderlike videos oor ‘n verskeidenheid temas. Erich Posthumus met die Kidz klub, Jorrie Jonker, Ilene Vermeulen met haar pragtige twee dogtertjies, Kotie Bothma en Tehillah Green and choldren.
Volg die skakel hieronder na hulle blad:
https://www.facebook.com/2020grow/
Volg die skakel hieronder na ons ander Internet Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/internet-hulpbronne/