Kinderkerk Lesreeks: Jeug Alpha

lesreeks - groot

AGTERGROND: Ons het die Junior Jeug Alpha met ons kinders van Graad R-5 op ‘n Woensdagaand tyens EPIC Jeug gedoen. Ons het hierdie reeks ook vir die Senior groep Graad 6-12 beskikbaar.

Lesreeks: Junior Jeug Alpha

Jeug Alpha is  ‘n ‘awesome’ reeks om met jou kinders te doen, dit lê die fondasie van die christelike geloof op ‘n baie eenvoudige, interaktiewe manier. Hierdie reeks kan baie effektief as deel van huisgodsdiens tydens lockdown tyd gedoen word.

Ons het die Jeug Alpa reeks so paar jaar gelede vir ons Senior groep vertaal, en het die wonderlike uitdaging gehad om dit op ‘n eenvoudige manier vir die kleintjies te verwerk.

Die Jeug Alpha reeks is vir die Sondagskool sowel as vir die Kinderkerk beskikbaar.

In hierdie reeks word die volgende temas behandel:

  1. Die nou en die wye pad
  2. Wie is Jesus?
  3. Hoekom het Jesus gesterf?
  4. Hoe kan ek geloof hê?
  5. Hoe en waarom moet ek bid?
  6. Hoe en waarom moet ek Bybel lees?
  7. Wie is die Heilige Gees, en wat doen Hy?
  8. Die Heilige Gees: Ons lewens, Sy huis
  9. Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe?
  10. Hoe kan ek die bose weerstaan?
  11. Hoe en waarom moet ek ander vertel?
  12. Genees God vandag nog?
  13. Wat van die kerk?

Sessie 1: Die nou en die wye pad

Die les begin met drie speletjie om die nou en die wye pad aan die kinders te demonstreer, daarna word die nou en die wye pad aan hulle verduidelik.

Die les sluit af met ‘n laaste speletjie: die gelukkige pad / hartseer pad. ‘n Klomp scenarios word gelees, en die kinders moet ‘n gelukkige gesiggie wys as hulle dink dis die nou pad, en ‘n hartseer gesiggie as hulle dink dis die wye pad.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

1. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 1 – Die nou en die wye pad

Sessie 2: Wie is Jesus?

Die les begin met ‘n ysbreker waar die kinders “famous people” moet identifiseer, asook ‘n prentjie van Jesus.

Daarna speel die kinders drie speletjies met sleutels, want Jesus is die sleutel na die hemel. Hy is die Weg, die Waarheid en die lewe, niemand gaan na die Vader, behalwe deur Jesus nie.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

2. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 2 – Wie is Jesus

Sessie 3: Hoekom moes Jesus sterf?

Die les begin met ‘n ysbreker waar die kinders ‘n klomp lawwe “Hoekom” vrae moet antwoord. Daarna volg ‘n bespreking oor waarvoor kruise in die Bybel se tyd gebruik is, en dat Jesus nie verdien het om aan die kruis te sterf nie, maar dat Hy dit vir ons sondes gedoen het.

Daar is ‘n pragtige illustrasie om die effek van sonde in ons verhouding met God te demonstreer. Die les sluit af met die kinders wat elkeen ‘n blaaitjie kry, hulle sondes daarop neerskryf en vir God om vergifnis daarvoor vra.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

3. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 3 – Hoekom moes Jesus sterf

Sessie 4: Hoe kan ek geloof hê?

In hierdie les word die drie in een ‘outfit’ ysbreker gedoen om die konsep van die Drie-Eenheid aan hulle te verduidelik aan die hand van Markus 1:9-11.

Die deeg demonstrasie met water, meel en sout word gedoen om die Drie-Eenheid verder aan hulle te verduidelik.

Elke groep kry ‘n uitdeelstuk met vrae oor klippe op die maan, geskenke in geskenkpakkies, en of ons hartjies reg in ons lyfies inpas.

Al kan ons God nie sien nie, en is dit moeilik om drie in een te verstaan, kan ons weet dat Hy regtig daar is, en dat Hy lief is vir ons.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

4. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 4 – Hoe kan ek geloof hê

Sessie 5: Hoe en waarom moet ek bid?

Hierdie les kan oor twee weke gedoen word, afhangende van hoeveel tyd jy tot jou beskikking het.

Dis ‘n baie praktiese les met ysbrekers en illustrasies om die doel en belangrikheid van gebed aan die kleintjies te verduidelik.

Hier is die video clip vir die ballon illustrasie:

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

5. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 5 – Hoe en waarom moet ek bid

Sessie 6: Hoe en waarom moet ek Bybel lees?

In hierdie les word ‘n klomp ysbreker speletjies gespeel met die doel om aan die kinders te verduidelik dat Bybel lees jou geestelik fiks maak, dit maak jou sterk en jy het dit soos kos nodig om deur ‘n dag te kan kom.

Die vorige week het ons so mooi geleer hoe ons kan bid deur na ons handjie te kyk.  Ons het ons een handjie op die blaai geteken en in hierdie les gaan ons die ander een doen.  Dit gaan ons help om ook te onthou hoe om Bybel te lees.

Laai die les hieronder af in PDF formaat:

6. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 6 – Hoe ek waarom moet ek Bybel lees

Sessie 7: Wie is die Heilige Gees, en wat doen Hy?

In hierdie les kyk ons na Wie die Heilige Gees is, en wat Hy doen. Hierdie is ‘n redelike lang les wat oor twee weke gedoen kan word.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

7. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 7 – Wie is die Heilige Gees en wat doen Hy

Sessie 8: Die Heilige Gees – Ons Lewens, Sy Huis

In hierdie les leer die kinders deur middel van speletjies en demonstrasies dat die Heilige Gees in elkeen van ons bly, as Jesus ons Verlosser is.  Ons lewens is Sy huis.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

8. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 8 – Die Heilige Gees – Ons Lewens, Sy Huis

9. Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe?

In hierdie les gesels ons oor hoe ons as kinders van Jesus in ‘n wêreld moet leef waar daar mense is wat verkeerde dinge doen, en wil hê dat jy ook verkeerde dinge moet doen. Die kinders leer dat wanneer ek my hart vir Jesus gee my lewe anders as voorheen moet lyk.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

9. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 9 – Hoe kan ek die beste maak van die res van my lewe

Sessie 10: Hoe kan ek die bose weerstaan – Wapensrusting

In hierdie les kyk ons na hoe ek die bose kan weerstaan, en ons gebruik die Wapenrusting om dit vir die kinders te verduidelik.

Elke deel van die Wapensrusting word deur middel van ‘n speletjie aan die kinders gedomonstreer, daarna verduidelik die fasiliteer wat dit beteken. Die kinders plak dan die deel van die Wapenrusting op die mannetjie wat hulle in die eerste ysbreker gevind het.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

10. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 10 – Hoe kan ek die bose weerstaan

Sessie 11: Hoekom en hoe moet ek ander vertel?

Dis nie altyd maklik om die goeie nuus van Jesus met mense te deel nie. Wanneer dit mense is wat ons ken is dit baie makliker as wanneer ons hulle nie ken nie, maar al is ons klein en voel ons onbelangrik verwag Jesus dit van ons.

In hierdie les kry die kinders kans om dit bietjie te oefen.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

11. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 11 – Hoekom en hoe moet ek ander vertel

Sessie 12: Genees God vandag nog?

In hierdie les leer die kinders dat God vandag nog mense genees. Ons het iemand uit ons eie gemeente wat daaroor getuig. Daarna kry die kinders kans om vir iemand wat siek is te bid.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

12. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 12 – Genees God vandag nog

Sessie 13: Wat van die Kerk?

Mense voel verskillende goed wanneer hulle aan die kerk dink, party is goed en party is sleg. In Heb 10:24-25 staan dat ons nie moet wegbly van die samekoms van gelowiges – die Kerk nie. Dit beteken ons moet sel en kerk toe gaan, want dis vir God belangrik.  In hierdie les kyk ons so bietjie wat die kerk nou eintlik is, en hoekom dit belangrik is om kerk toe te gaan.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

13. JUNIOR JEUG ALPHA – Sessie 13 – Wat van die Kerk

13. Wat van die prent – Prentjie

Volg die skakel hieronder na ons ander kinderkerk lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-lesse/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s