Moedersdag: Bederf Boekie

bederf boekie

Ek hoop julle het onthou dat dit hierdie Sondag Moedersdag is! Jip, met lockdown saam mag dit dalk heeltemal verby jou gegaan het. Wel hier is goeie nuus, ons het ‘n hulpbron gemaak wat jou geen geld gaan kos nie, net ‘n bietjie tyd saam met jou kinders.

Bederf Boekie vir Mamma

Hierdie bederf boekie is die ideale geskenk in ‘n tyd waar geld skaars is, maar mens tog iets spesiaal vir ma wil doen. Ons het dit swart en wit gehou, ingeval jy wel nog ink in jou printer oor het. Die kinders kan dit mooi inkleur.

Indien jy NIE ink in jou printer het nie, of nie ‘n printer het nie, kan jy die voorbeeld gebruik en saam met jou kinders een vir ma maak. Pa kan self ook sy eie boekie vir vroulief maak. Ons het ‘n paar oop gelos sodat jy jou eie bederfies kan inskryf.

Die idee is dat niks in hierdie boekie jou geld moet kos nie. Bederf ma met spesiale takies wat haar spesiaal sal laat voel op Moedersdag.

Hier is ‘n paar voorbeelde van wat in die boekie is:

2

3

4

Laai die Bederf boekie vir Mamma hieronder in PDF formaat af:

Bederf Boekie vir Mamma

Volg die skakel hieronder na ons ander Moedersdag hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/moedersdag/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s