Hier is nog ‘n lekker goedkoop idee vir Moedersdag.
Resep vir ‘n Wonderlike Ma
Ons het twee idees rondom hierdie hulpbron wat alles sal afhang van die res van die gesin se vaardigheid in die kombuis.
1. Maak iets lekkers
Ons eerste idee sal net werk indien die res van die gesin redelik vaardig in die kombuis is. Bak iets lekkers vir Ma vir Moederdagsdag, ‘n koek, tert of lekker warm poeding. Indien julle nie so vaardig is nie, raak kreatief. Maak ‘n vuurtjie buite met ‘n pak marshmallows en Marie beskuitjies en maak heerlike smoors saam met Ma. Koop jelly en maak koue ‘bazaarpoeding’ – hiervoor hoef jy BESLIS nie vaardig in die kombuis te wees nie!
2. Koop iets lekkers
As die vaardigheid in die kombuis dit nie toelaat nie, koop dan Ma se gunsteling sjokolade of koekies (daar is die heerlikste koekies op die mark wat nie baie duur is nie).
Print dan hierdie oulike ‘resep’ uit, kleur dit in en gee dit saam met die lekkernye vir Ma. Dis mos die gedagte wat tel nie die grootte van die geskenk nie!
Hier is hoe dit lyk:
Ons het hierdie oulike idee by die webtuiste hieronder gekry en dit na Afrikaans vertaal:
Laai die resep vir ‘n wonderlike ma hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Moedersdag Hulpbronne: