AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Walk Through the Bible 5
Hierdie mini-reeks gaan oor Bybelkennis vaslê.
God se vreemde opdrag aan Esegiël
Ons vyfde tema: God se vreemde opdrag aan Esegiël. Die Bybel Speletjie: God se vreemde opdragte op die Blog, is hiervoor gebruik.
https://algoagemeenskapskerk.com/2018/09/07/bybel-speletjies-god-se-vreemde-opdragte/
Die les begin met ‘n lekker aktiewe ysbreker. Ons sit prentjies van hande en voete op die grond neer, en die kinders moet langs dit trap met hulle hande of voete.
Daarna kry elke groep ‘n werksvel: Op die werksvel is ‘n geheime kode wat ontsyfer moet word, om by die vreemde opdragte uit te kom wat God vir Esegiël gegee het. Wanneer die kinders daarmee klaar is, is daar ‘n paar vragies met Bybelverse rondom Esegiël, wat hulle dan moet beantwoord.
Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in hierdie reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-sondagskool/