Huisgodsdiens en Huisgeloof

geometric medical concept white background

Ons raak so opgewonde wanneer ons hoor hoe ouers praat van huisgodsdiens met hulle gesinne doen. Dis iets wat mens vir ‘n lang ruk nie gehoor het nie, en skielik is dit ‘n woord wat jy weer oral hoor.

Ons as ouers het met die doop, of die inseën van ons kinders, tog beloof om ons kinders van God te leer, so dis dan eintlik iets wat in elke gesin gedoen behoort te word.

Huisgodsdiens, of soos dit deesdae bekend staan, Huisgeloof, is baie meer as net ‘n stukkie uit die Bybel vir jou kinders lees. Huisgodsdiens, of Huisgeloof is ‘n geleentheid vir gesinne om saam hulle geloof uit te leef, te beoefen en die geleentheid te skep om daaroor te praat. Dis NIE die vinnige aframmeling van ‘n stukkie en ‘n gebedjie om die gewete te sus, en dit dan van die dag se lysie ‘af te tick’ nie!

‘n Onlangse artikel op die DinkJeug webtuiste verduidelik dit as volg:

“Geloofsvorming vind grootliks by die huis plaas. Jare lank het mense gedink ’n mens neem jou kinders kerk toe en daar leer hulle primêr van God. Vandag besef ons die huis en kerk vorm ’n span en albei hierdie ruimtes is belangrik vir geloofsvorming.

Geloofsvorming in ’n huis kan vergelyk word met ’n tafel wat vier pote het: kennis, verhoudings, aksie en aanbidding. Dit beteken geloof word nie net deur kennis in die huis gevorm nie, want dan sal die tafel wankel. Fasette soos goeie verhoudings met mekaar, om geloof prakties uit te leef (aksie) en geloofsbelewenisse te ervaar (aanbidding), vorm alles saam ’n eenheid om die tafel sterk te laat staan.”

Kerk + Huis

Dus het die huis en die kerk albei ‘n verantwoordelikheid ten opsigte van die kind se geloofsvorming, en kan die een nie die ander een se plig oorneem of vervang nie.

Baie ouers weet egter nie waar om te begin nie, want al wat hulle ken is die Bybel lees en bid manier, en soos ons reeds gesê het, is daar soveel meer aan Huisgoedsdiens of Huisgeloof as dit.

Vandag wil ons probeer om julle te bemagtig deur ‘n paar oulike hulpbronne aan julle bekend te stel.

1. Ons huis oefen – families glo saam

huisgeloof_1-onshuisoefen-cover_hr

Geloofgewoontes is dinge wat ons gereeld doen om in ons geloof te groei soos Bybel lees, bid, kerk toe gaan, diensbaar te wees ens. In hierdie boekie word daar op ‘n kreatiewe, interaktiewe manier na 9 geloofsgewoontes gekyk. Elke gewoonte word verduidelik aan die hand van ‘n Bybeldeel, ‘n storie en iets prakties wat as gesin saam gedoen kan word.

As jy na iets vars soek om jou kinders opgewonde oor hulle geloof te maak is hierdie boekie beslis ‘n MOET! Die tweede boekie in die reeks: Ons huis vier – families ontdek saam, sal ook binnekort beskikbaar wees.

Die boekie kos R70, en kan by die skakel hieronder bestel word: 

Huisgeloof-reeks 1: Ons huis oefen

2. Nader aan God, nader aan mekaar

9781415339220

Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei. Hierdie boekie gee antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei.

Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Van die temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.

Hierdie boekie kan ook vir saalopening of enige ander plek gebruik word waar jy ‘n kort boodskap moet bring.

Die boekie kos R160 en kan direk by CUM boeke gekoop word, of by die skakel hieronder bestel word:

https://www.cumbooks.co.za/nader-aan-god-nader-aan-mekaar-flex-cover

3. ‘n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir Kinders

9781431611478_1

Hierdie is nog ‘n baie oulike boek vir kinders. Dis NIE in dieselfde formaat is die vorige twee nie.

Dié boek sal kinders help om sin te maak van die By­bel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante manie­re te wys om dinge oor die Bybel te leer. 

Die boek kos R130 en kan direk by CUM boeke gekoop word, of by die skakel hieronder bestel word:

http://www.cumuitgewers.co.za/n-ontdekkingsreis-deur-die-bybel-vir-kinders-sagteband

4. Ons eie Kleuterbybel

9780796318541---ons-eie-kleuterbybel-front-cover

Daar is so baie Kinderbybels op die mark, dat mens nie altyd weet watter een om vir jou kinders te koop nie. Hierdie is die Kinderbybel wat ons gebruik, omdat die taalgebruik nie so hoog soos meeste van die Kinderbybels s’n is nie.

Die boek kos R240 en kan direk by CUM boeke gekoop word, of by die skakel hieronder bestel word:

https://www.cumbooks.co.za/ons-eie-kleuterbybel-hardeband

Hou gerus die Blog oor die volgende paar weke dop, vir ‘n paar baie oulike gratis hulpbronne wat jy ook as deel van huisgodsdiens, of huisgeloof kan gebruik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s