AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Vrugte van die Gees – Vriendelikheid en Goedhartigheid
Hierdie is die vyfde les in ons reeks oor die Vrugte van die Gees.
Hierdie twee vrugte is baie dieselfde en daarom doen ons hulle saam. Die kleintjies speel die ‘rugsak-speletjie’ om aan hulle te verduidelik dat ons mekaar moet help, al kry ons niks daaruit nie.
Daarna teken hulle ‘n prentjie van ‘n tyd toe iemand vriendelikheid en goedhartigheid aan hulle bewys het. Die pragtige verhaal van die Barmhartige Samaritaan word dan op ‘n baie treffende wyse deur middel van vrugte gedemonstreer.
Hier is ‘n demonstrasie van die gelykenis van die Barmharitge Samaritaan met vrugte vertel:
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees – Vriendelikheid en Goedhartigheid
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/
Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/