AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Vrugte van die Gees – Vriendelikheid en Goedhartigheid
Hierdie is ‘n reeks vir die Senior Sondagskool groep oor die Vrugte van die Gees. Hierdie is die sesde les in die reeks en hier behandel ons die volgende vrugte van die Gees soos ons dit in Gal 5:22 kry – die VRIENDELIKHEID EN GOEDHARTIGHEID.
Ons begin die les met die ‘thumbs up’ speletjie, ons lees ‘n stelling en die kinders moet besluit of dit deel is van vriendelikheid en goedhartigheid d.m.v ‘thumbs up’ of ‘thumbs down’.
Daarna is dit die pragtige demonstrasie waaraan die kinders deelneem met die rooi hartjies wat gefrommel en dan geskeur word soos scenarios van onvriendelikheid gelees word. Die kinders moet dan probeer om die hartjies weer aanmekaar te plak.
Die les sluit dan af met ‘n illustrasie van hoe ek die wêreld om my kan verander deur die vrugte van Vriendelikheid en Goedhartigheid.
Hier is die Video Clip wat ons tydens hierdie les gebruik het:
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
JEUGLES – Vrugte van die Gees – Vriendelikheid en Goedhartigheid
Vriendelikheid en Goedhartigheid – prentjies
Vriendelikheid en Goedhartigheid – antwoorde
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Lesse oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/
Volg die skakel hieronder na ons Kinderkerk Lesse oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/