Internet Hulpbronne: My Naslaan Bybel App (nuut)

My naslaan Bybel App

Goeie, Afrikaanse Internet Hulpbronne is so skaars soos hoendertande, daarom is dit wonderlik wanneer ons julle aan nuwes kan bekendstel.

Sybrand Swanepoel het onlangs met ‘n Afrikaanse Bybel Android selfoon Toep (App) begin – My Naslaan Bybel (nuut) – wat tans op Playstore beskikbaar is.

Die “App”  word sover moontlik geskryf dat mens dit sonder internet toegang kan gebruik, sodat die mense wat nie data kan bekostig nie ook die “App” kan gebruik.

Beskrywing van die “App”

Hierdie “App” vervang glad nie die Bybel, dit wil inteendeel aanmoedig om die Bybel meer te lees, en dien slegs as hulpmiddel:

Die “App” bestaan uit 3 dele wat op ‘n weeklikse basis opgedateer sal word:

Deel 1:  Waar staan dit in die Bybel – dit wys waar in die Bybel jy sekere gebeurtenisse    sal vind.

Deel 2:  Die padkaart vir die lewe – sekere Bybel verse kan gestuur word na vriende deur midde van Whatapp.

Deel 3:  Bybelvasvrae – toets jy Bybelkennis, alle vrae wat verkeer is sal slegs die teks gegee word waar om die korrekte teksvers te kry.

Hierdie is ‘n baie nuttige hulpbron wat jy op verskeie maniere kan gebruik, veral ook tydens huisgodsdiens. Gaan loer gerus daarna.

screen-3

Volg die skakel hieronder om die App af te laai, of gaan na Playstore:

https://play.google.com/store/apps/details?id=com.sybrandswanepoel.Die_Bybel

https://apkonpcdownload.com/com.sybrandswanepoel.Die_Bybel.html

Volg die skakel hieronder na ons ander Internet Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/internet-hulpbronne/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s