Kinderkerk Les: 4. Vrugte van die Gees – Geduld en Selfbeheersing

Vrugte vd Gees - geduld en selfbeheersing

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Vrugte van die Gees – Geduld en Selfbeheersing

Hierdie is die vierde les in ons reeks oor die Vrugte van die Gees.

In hierdie les maak ons weereens van speletjies gebruik om die verskillende Vrugte aan die kinders te verduidelik.

Tydens die eerste speletjie moet die kinders ‘n robot inkleur, maar daar is net een van elke kleur gem, die kinders moet dus geduldig wag vir die maatjie om klaar te maak voordat hulle ook ‘n beurt kry. Die verhaal van Abraham wat vir Isak moes wag word gebruik om geduld vanuit die Bybel aan die kinders te verduidelik.

Tydens die speletjie wat Selfbeheersing aan die kinders verduidelik, word bubbels en ‘n waaier gebruik, daar is baie bubbels, maar die kinders moet doodstil sit en nie die bubbels vang of vir dit koes nie. Selfbeheersing is om beheer oor jou eie gedrag te hê en “Nee” te sê vir versoekings. Jesus se versoeking op die berg word gebruik om Selfbeheersing vanuit die Bybel aan die kinders te verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees – Geduld en Selfbeheersing

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/

Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s