AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Walk Through the Bible 7
Hierdie mini-reeks gaan oor Bybelkennis vaslê.
God se vreemde opdrag aan Naäman
Ons sewende tema: God se vreemde opdrag aan Naäman. Die Bybel Speletjie: God se vreemde opdragte op die Blog, is hiervoor gebruik.
https://algoagemeenskapskerk.com/2018/09/07/bybel-speletjies-god-se-vreemde-opdragte/
Hierdie les is heelwat korter as die eerste drie lesse, want dis gedurende ons eksamentyd wat ‘n halfuur korter as gewoonlik is.
Die les begin met ‘n ysbreker rondom die 5 en 7 maal tafels.
Daarna kry elke groep ‘n werksvel: Op die werksvel is daar is ‘n tabel met woorde. Opdragte dui aan watter woorde om te kies, om by die vreemde opdrag uit te kom, wat God vir Naäman gegee het. Wanneer die kinders daarmee klaar is, is daar ‘n paar vragies met Bybelverse rondom Naäman, wat hulle dan moet beantwoord.
Laai die dokumente hieronder af:
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in hierdie reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-sondagskool/