Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
Bou die Bybel
Hierdie is ‘n lekker aktiwiteit vir ‘n Bybel Funaand waarmee jy baie kreatief kan raak. Die kinders moet verskeie ‘landmerke’ in die Bybel bou. Jy kan ENIGE materiaal daarvoor gebruik, bokse, toiletrolletjies, bou blokkies, LEGO, afval houtjies ens.
Hier is ‘n les waarin ons die “Bou die Bybel” idee gebruik het:
Ysbrekers:
Gee vir die kinders iets eenvoudig om eers te bou of aanmekaar te sit voordat hulle met “Bou die Bybel” begin. Hieronder is ‘n paar voorbeelde wat baie goed werk en die kinders se kreatiwiteit aan die gang sit voordat hulle met die speletjie begin.
Tangarams
Roomysstokkie uitdagings
Vuurhoutjie uitdagings
Bou die Bybel is ‘n wonderlike manier om aan jou kinders se Bybelkennis te bou, want voordat jy die instruksies gee, gee jy eers ‘n kort opsomming van elke Bybelverhaal. Ons vind dit ‘n baie goeie manier met ons tieners, waar jy nie Bybelkennis kan vaslê soos met die kleintjies nie.
Jy kan kies hoe jy dit wil doen, vir elke groep dieselfde uitdaging gee, of vir elke groep ‘n ander een. Jy kan ook dat elke groep self bietjie oor die agtergrond van die Bybel landmerk gesels. Jy kan hulle help met bietjie agtergrond of Bybeldele gee wat hulle moet lees. Die moontlikhede vir hierdie speletjie is eindeloos…..
Ou Testament Uitdagings
Die Tuin van Eden – Genesis 2:10-14
Die Ark wat Noag gebou het – Genesis 6 – 9
Die Toring van Babel – Genesis 11:1
Die put waarin Josef gegooi is – Genesis 37:12-36
Jakob se Droom van die Leer met die Engele – Genesis 28: 10-17
Nyl Rivier met Moses in die mandjie – Eksodus 2:1-10
Die Rooisee wat oopgaan – Eksodus 14:21
Die Kliptafels waarop die 10 Gebooie geskryf was – Eksodus 20:1-17
Die Verbondsark – Eksodus 25: 10-22
Jerigo se Mure – Josua 6:1-23
Vuuroond waarin Daniël se drie vriende was – Daniël 3
Die Leeukuil waarin Daniël gegooi is – Daniël 6
Nuwe Testament Uitdagings
Die stal in Betlehem waarin Jesus gebore was – Luk 2:1-7
Die Jordaanrivier waarin Johannes die Doper vir Jesus gedoop het – Matteus 3: 13-17
Die Bruilof in Kana waar Jesus water in Wyn verander het – Johannes 2:1-11
Die Bad van Batesda – Johannes 5: 1-18
Die see van Galilia waar Jesus op die water geloop het – Matteus 14: 22-33
Jerusalem waar Jesus op ‘n donkie die stad binnery – Matteus 21: 1-11
Paasmaaltyd – Lukas 22:7-23
Golgota waar Jesus gekruig is – Matteus 7:33
Jesus se graf – Johannes 19:38-42
Bovertrek: Pinksterdag – Die Uitstorting van die Heilige Gees – Handeling 2:1-13
Laai die landmerke hieronder in WORD formaat af:
Bybel Bou Uitdaging – OU TESTAMENT
Bybel Bou Uitdaging – NUWE TESTAMENT
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/06/bybel-speletjies-bou-die-bybel/ […]
LikeLike