Bybel Speletjies: Wat is die Konneksie?

wat is die konneksie

Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.

Wat is die Konneksie?

Wat is die Konneksie is ‘n lekker dink-speletjie waar twee name uit die Bybel gegee word en jy moet raai wat die konneksie tussen hulle is.

Van hulle is maklik soos Dawid en Goliat; en Josef en Maria, maar dan is daar ook heelwat moeiliker konneksies wat kinders dalk nie sal weet nie nie soos Elisa en Gehasi.

Ons het 30 verskillendes saamgestel, so daar is lekker baie om uit te kies en dit saam te stel vir die ouderdomsgroep waarmee jy werk.

Ysbreker:

Hierdie ysbreker is baie oulik om saam met “Wat is die Konneksie” te gebruik om die kinders aan die gang te kry vir die speletjie.

Gebruik alledaagse voorbeelde om die ‘konneksie-idee’ aan hulle te verduidelik. Jy kan nog ‘n klomp byvoeg, asook baie moeiliker voorbeelde. Maak ‘n PowerPoint daarvan, of kaartjies en hulle moet die antwoorde gee.

Wat is die Konneksie tussen die volgende:

  1. Seep en ‘n waslap (bad / stort)
  2. Tandepaste en ‘n tandeborsel (borsel jou tande)
  3. Hare en ‘n borsel of kam (borsel jou hare)
  4. Kussing en Duvet (slaap)
  5. Boek en pen (leer / skool / teken / skryf)

Hier is ‘n voorbeeld van een van die ‘slides’.

26

Ons stel die speletjie beskikbaar in PowerPoint Formaat asook in WORD formaat, sodat jy daaraan kan verander soos dit jou pas. Aan die einde van die WORD dokument is so paar ‘blank templates’ sodat jy kan bysit as jy so sou voel.

Laai die dokumente hieronder af:

Wat is die Konneksie

Konneksies in die Bybel PPT

Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s