Bybel Speletjies: Speed-Dating

speed dating

Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.

Bybel Speed-Dating

Bybel speed-dating is ‘n oulike nuwe speletjie wat ons ondek het. Hierdie is ‘n wonderlike manier om kinders se Bybel kennis te toets, maar ook uit te brei.

Ons het die idee by die skakel hieronder gesien en vir onsself na Afrikaans vertaal, en deel dit met julle:

http://www.tansquaredyouthministry.com/2016/11/bible-speed-dating/

Instruksies:

  • Die kinders word in spanne verdeel en die leiers is die Bybel-figure wat ‘gedate’ word.
  • Jy kan besluit of elke leier net een Bybel-figuur ‘speel’ en die spanne dan rondbeweeg na die volgende leier, of dat elke leier al die figure speel. Soos die tyd op is vir een figuur skakel die leier dan oor na die volgende figuur.
  • Daar sit net een kind op ‘n slag oorkant ‘n ‘Bybel-figuur’ wat die vrae aan die ‘Bybel-figuur’ vra, die res van die span kan dan agter die ‘Bybel-figuur’ of die groeplid sit en deur middel van briefies vrae aanstuur wat die spanlid in die stoel aan die ‘Bybel-figuur’ moet vra.
  • Wanneer die kinders na die volgende ‘Bybel-figuur’ beweeg of die ‘Bybel-figuur’ die volgende figuur speel dan kry ‘n volgende groeplid ‘n kans om voor die ‘Bybel-figuur’ te sit en die vrae te vra.

Laai die dokumente hieronder in WORD formaat af, asook ‘n template sodat jyself ekstra kan bywerk:

Bybel Speed-Dating

Template – Bybelse Speed Dating

Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s