Speletjies

speletjies

Ons het heelwat speletjies op die Blog beskikbaar wat jy kan gebruik tydens ‘n Kinderkerk of Sondagskool les, of sommer net vir die pret.

Speletjies:

Bybel Speletjies:

Ons het ‘n groot verskeidenheid Bybel Speletjies en Bybel Aktiwiteite op die Blog, volg die skakels hieronder:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Brain Teasers:

Brain Teasers is nie almal se ‘ding’ nie, maar as jy dit eers ‘gekop’ het geniet baie dit. Ons het dit in twee afdelings: gewone Brain Teaser en Bybel Brainteasers. Die Bybel Brain Teasers is in Afrikaans beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/25/hulpbronne-brainteasers/

Emoji Speletjies:

Ons het hierdie speletjie weer in twee afdelings: gewone Emoji’s en Bybel Emoji’s. Kom loer gerus daarna, ons kinders is GEK daaroor!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/06/speletjies-emoji-speletjies/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/03/speletjies-bybel-emojis/

Charades:

Ons het die kinders by ons EPIC Jeug groep so paar maande terug Bybel Charades laat speel net om te sien of hulle sal deelneem en dit geniet, en GROOT was die verrassing – hulle wou nie OPHOU nie!! Ons het dit beskikbaar in gewone chardes, lekker eenvoudig sodat die kleintjies dit ook sal kan speel, en natuurlik die Bybel weergawe:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/21/vakansiepret-speletjies-charades/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/16/sondagskool-idees-6/

Would You Rather…

Hierdie speletjie is ook in twee afdelings beskikbaar: gewone “Would You Rahter” en Bybel Would You Rather – alles in Afrikaans!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/03/speletjies-bybel-would-you-rather/

Tangrams:

Kom ons begin by die begin, wat is ‘n tangram? Dis ‘n ou Chinese speletjie wat kinders help met wiskunde en om jou brein skerp te hou. ‘n Tangram bestaan uit sewe helderkleurige stukke wat almal gebruik moet word om ‘n voorwerp, dier of persoon mee te ‘bou’.

Tangrams het eindelose moontlikhede as ysbrekers voor ‘n les omdat daar so baie ‘patrone’ is wat gebou kan word. Daar is bv. ‘n hartjie, skoene, helm en ‘n persoon wat bid om maar net ‘n paar te noem. Elkeen van hierdie kan gebruik word vir temas soos liefde, die wapenrusting en gebed.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/08/25/speletjies-tangrams/

Crazy Stuff:

Vir die senior groep is hier ‘n wonderlike hulpbron, maak net eers seker dis jou groep se ‘ding’. KrazyDad.com is ‘n webtuiste met die interessantste speletjies vir jou kinders.

Hy het regtig CRAZY mazes, suduko, interactive puzzles en vele meer. As hierdie klink soos iets wat jou groep sal geniet gaan kyk gerus na die groot verskeidenheid gratis aflaaibare hulpbronne wat KrazyDad op sy webtuiste beskikbaar het.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/03/speletjies-crazy-stuff/

Hidden Pictures:

Hidden Pictures bly ‘n groot treffer in ons huis! Kom kyk na die groot verskeidenheid wat ons op die Blog het! Daar is ‘n hele klomp Bybel Hidden Pictures en ‘n klomp gewone hidden pictures, daar is ook vir alle ouderdomsgroepe.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/17/hulpbronne-versteekte-prente/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/30/kinderkerk-versteekte-prente/

Woordsoek  Speletjies:

As jou kinders hou van wordsearch of woordsoek speletjies moet jy BESLIS hier ‘n draai kom maak! Ons het die skakels na twee webtuistes waar jy jou eie woordsoek speletjies gratis in die taal van jou keuse kan maak!

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/28/hulpbronne-woordsoek-wordsearch/

Kleur Speletjie:

Hierdie speletjie bestaan uit twee dele. Vir Speletjie 1 moet die kinders kyk hoe vinnig hulle die kleure op die kaart kan lees. Vir Speletjie 2 moet die kinders die kleur lees waarin die woorde getik is en NIE die woord nie. Leiers neem die kinders se tyd om die punt te demonstreer asook om die speletjie intressant te maak.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/23/speletjie-kleur-speletjie/

Teken Speletjie:

In hierdie afdeling is daar 14 verskillende teken speletjies wat die kinders kan speel. Party is bekend en ander is weer iets heeltemal nuuts. As jou kinders hou van teken is hierdie net die regte ding vir die vakansie!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/15/speletjies-teken-speletjies/

Boks-of-Weird:

Ons het ‘n boks vir die Jeug waarin ons allerhande interessante goed in bêre en op kreatiewe maniere as ysbrekers vir ons lesse gebruik. Jy kan van jou kinders se speelgoed in ‘n boks gooi en jou kinders help om bietjie kreatief te raak met van die idees wat ons by die skakel hieronder met julle deel:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/14/speletjies-boks-of-weird/

Storie-Tyd:

Kom loer gerus na hierdie idees om jou kinders te help (of jouself) om stories op ‘n kreatiewe manier te gebruik. Watter kind hou nie van ‘n lekker storie nie?

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/13/speletjies-storie-tyd/

Instruksie-Speletjie:

Hierdie is een van die lekkerste speletjies om met kinders te speel en sorg vir GROOT pret aan die einde!!

Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel of speletjie bestaan uit ‘n klomp stokmannetjies en ‘n klomp instruksies wat die kinders moet volg. Die tweede deel of die speletjie bestaan net uit ‘n lang lys instruksies wat begin met… Lees eers deur AL die vrae voordat jy dit so vinnig moontlik probeer beantwoord. Nou watter kind hou nou daarvan?? Nie eers meeste grootmense nie.

Die idee is dat die kinders NIE die instruksie volg nie, AL die moeite doen net om op die einde te sien hulle het eintlik hulle tyd gemors omdat hulle NIE die instruksies gevolg het nie!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/13/speletjie-instruksies-speletjie/

Verwarring Speletjie:

Jy skryf ‘n klomp instruksies op ‘n bord neer, of gee vir elke kind ‘n blaai met die instruksies op. Terwyl jy die storie lees, moet die kinders die aksies op die blaai uitvoer wat langs die woorde staan.

Die instruksies is die teenoorgestelde van dit wat gelees word, bv. as daar sit gelees word moet die kinders staan ens.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/19/speletjies-verwarring-speletjie/

Aktiewe Speletjies:

Hier sal jy 10 speletjies vind wat gewone sportsoorte soos sokker, hokkie, tennis en volleyball op nuwe, kreatiewe maniere speel. As jou kinders hou van aktiewe speletjies is hierdie een net die een vir jou!!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/13/speletjies-aktiewe-speletjies/

Vind die…

Hierdie speletjie is baie soos die hidden object speletjie, behalwe dat jy net een spesifieke iets moet soek en nie ‘n klomp goed soos by die gewone speletjie nie. Jy het ‘n kleur printer nodig om hierdie mee te print.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/10/speletjies-vind-die/

Voltooi die prentjie:

Hierdie is nog ‘n speletjie vir jou kreatiewe kinders wat hou van teken en ‘uit die boks’ uit dink. Dele van ‘n prentjie word gegee en die kind moet die prentjie voltooi soos hulle dit sien.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/10/speletjies-voltooi-die-prentjie/

Vind en kleur in:

Hierdie speletjie bestaan uit ‘n blaai vol figuurtjies en artikels met ‘n lys van dit wat die kind moet soek. Soos hulle dit vind kleur hulle dit in. Jy kan ‘n lekker kompetisie van hierdie speletjie maak tussen die deelnemers deur te kyk wie die meeste die vinnigste kan vind en inkleur.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/07/speletjies-vind-en-kleur-in/

I Spy…

Die ou bekende, maar altyd gewilde “I Spy” vir die kleiner kinders. Om loer gerus na die oulike idees.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/07/speletjies-i-spy/

Left-Right-Speletjies:

Hierdie speletjie bly altyd ‘n groot treffer. Die kinders sit of staan in ‘n sirkel en elke kind kry ‘n lekker. Soos jy die storie lees moet die kinders die lekker “Left” of “Right” aangee op die regte plekke. GROOT pret!!

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/24/hulpbronne-left-right-speletjies/

LEGO Uitdagings:

LEGO is altyd ‘n lekker speletjie en word deur klein en groot geniet. Ons het so paar idees om dit bietjie interessant te maak. Dis ‘n heerlike aktiwiteit voor Kinderkerk om kinders mee besig te hou.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/29/vakansiepret-speletjies-lego-uitdagings/

Strategiese Speletjies:

Hierdie is vir die kinders wat hou van bietjie dink. Daar is 10 verskillende speletjies vir verskillende ouderdomsgroepe om van te kies. Die ‘templates’, aanwysings asook intruksie video’s word voorsien om die makliker te maak.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/26/vakansiepret-speletjies-strategiese-speletjies/

Besige-By-Speletjie:

Hierdie is ‘n speletjie vir die kleintjies, en help om die rooimiere bietjie te tem. Dis ‘n lekker speletjie om voor Kinderkerk te speel, maar kan ook baie effektief as ysbreker vir ‘n les gebruik word.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/24/vakansiepret-speletjies-besige-by-speletjie/

Wat is in jou Naam?

Hierdie speletjie is baie gewild op die Internet, maar dis nie baie prakties vir Kinderkerk of Sondagskool nie. Ons het dit ‘vereenvoudig’ sodat die kleintjies dit ook sal kan speel, en het dit natuurlik na Afrikaans vertaal!

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/24/vakansiepret-speletjies-wat-is-in-jou-naam/

Simons Says…

Simon Says bly altyd ‘n gewilde speletjie, en glo my, selfs onder die ouer kinders. Kom kyk na die twee ander maniere waarop jy dit ook kan gebruik. Hierdie speletjies kan as ysbreker vir verskeie geestelike temas gebruik word:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/22/vakansiepret-speletjies-simon-says/

Roll-the-Dice:

As jy opsoek is na ‘n lekker interaktiewe, kreatiewe speletjies moet jy beslis hierna gaan loer. Hier is vier oulike speletjies wat kinders in klein groepe kan saamspeel met ‘n ‘dice’.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/20/vakansiepret-speletjies-roll-the-dice/

Vinger-Twister:

Ek hoef seker nie meer te sê nie… In plaas van twister met jou lyf speel, speel jy dit met jou vingers:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/19/vakansiepret-speletjies-vinger-twister/

Aasjag:

Hierdie is een van my gunsteling speletjies en een wat altyd ‘n groot treffer onder die kinders is. Jy steek niks weg soos met ‘n skattejag nie, maar gebruik alles wat rondom jou is. Jy sal die volgende Aasjagte in Afrikaans by die skakel hieronder vind: Binne-huis, Buite-huis, Foto, In die motor, Koerant en Bybel:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/18/vakansiepret-speletjies-aasjag/

Company Slogans:

Hierdie is ‘n PowerPoint Speletjie en gebruik “Companies” se “Slogans” en die kinders moet raai watter ‘company’ dit is. Dis ‘n baie effektiewe speletjie vir ‘n tema oor Identiteit en Selfbeeld:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/18/speletjies-company-slogans-ppt/

PowerPoint Speletjies:

As julle ‘n projektor tot julle beskikking het is hierdie ‘n baie oulike hulpbron. Die instruksies of vrae is op die ‘slides’ en die kinders volg die instruksies:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/30/hulpbronne-powerpoint-speletjies/

Wacky Woorde:

Hierdie speletjie gebruik Afrikaanse woord in die volgende kategorieë: Ou Afrikaanse Woorde; Nuwe Afrikaanse Woorde en snaakse Afrikaanse Woorde. Dit kan as ‘n pret aktiwiteit gebruik word of as ‘n ysbreker vir ‘n geestelike tema:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/12/speletjies-wacky-woorde/

Speletjie Webtuistes:

As jy teen die tyd nog nie gevind het wat jy soek nie, mag die webtuistes by die volgende skakel jou dalk help:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/10/13/internet-hulpbronne-speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s