Nog ‘n oulike speletjies wat op verskeie maniere vir klein en groot gebruik kan word is Simon says. Hierdie speletjie kan op meer as een manier gespeel word. Kom ons wys jou…
Simon says draw…
Ons almal ken die ou speletjie “Simon says”. Hierdie speletjie het dieselfde beginsel, maar die opdrag is anders. Met hierdie speletjie gee Simon opdragte van goed om te teken, jy kan heerlik kreatief hiermee raak. Besluit eers wat jy wil hê die kinders moet teken, en dan gee jy die opdragte een vir een om daar te kom. Elke nou en dan gooi jy ‘n ‘kinkel in die kabel’ om die speletjie bietjie ‘op te spice’ en te kyk wat die resultaat is.
Toe ons dit met ons kinders gespeel het, het ons besluit dat hulle ‘n mannetjie moet teken. Die eerste opdrag was ‘n sirkel aan die bokant van die blaai, daarna die gewone goed soos oë, neus, mond ens. Jy kan selfs vir die kinders die opdrag gee om dit op ongewone plekke te teken om dit pret te maak, soos die mond op die voorkop en die oë op die ken! Hierdie is soveel pret as jy kreatief daarmee kan raak!
Laai ‘n voorbeeld van Simon says draw hieronder in WORD formaat af:
Simon says in reverse…
Vir hierdie speletjie doen die kinders alles die teenoorgestelde van wat Simon says. As Simon sê staan, dan sit jy. As hy sê gaan links dan gaan jy regs. Hierdie is regtig GROOT pret, veral as Pappa en Mamma saam speel.
Laai ‘n voorbeeld van Simon says in reverse hieronder in WORD formaat af:
Simon says…
En dan die gewone simon says… Alles wat hy sê die doen jy!
Laai ‘n voorbeeld van Simon saya hieronder in WORD formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/22/vakansiepret-speletjies-simon-says/ […]
LikeLike