Speletjies: Instruksie Speletjie

instruksie speletjie 1

Hierdie is ‘n wonderlike meerdoelige speletjie. Dit is ‘n lekker manier om ‘n groep aan die gang te kry, as ysbreker, maar dit kan nog effektiewer gebruik word as ybreker vir ‘n les.

Instruksie Speletjie:

Die Instruksie Speletjie bestaan uit 2 dele. Speletjie 1 het ‘n klomp stokmanntjies op ‘n uitdeelstuk met instruksies wat om met elkeen te doen. Speletjie 2 is ‘n uitdeelstuk met net ‘n klomp instruksies op, en as jy die instruksies sorgvuldig volg en lees, jy die minimum hoef te doen. As jy NIE die instruksies volg nie dan eindig jy op om ‘n KLOMP onnodige goed te doen. Jy wil eintlik hê dat die kinders NIE die instruksies noukeurig moet volg nie, sodat hulle die tema kan verstaan.

Die doel van die speletjie: As jy die instruksies volg / luister spaar jy jouself baie moeite.

Temas waarvoor dit gebruik kan word: Luister na God se stem – Heilige Gees; die belangrikheid van die Bybel  / Bybel lees ens.

Hieronder is hoe speletjie 2 lyk:

Speletjie 2:

Volg die volgende instruksies:

  1. Lees eers deur al die vrae voordat jy dit so vinnig as moontlik probeer beantwoord.
  2. Skryf jou naam in die middel van die papier.
  3. Teken ‘n hartjie bo jou naam.
  4. Skryf jou van in die regterkantse onderste hoek.
  5. Trek twee strepies deur jou van.
  6. Teken ‘n prentjie van jou gunsteling kos onder jou naam.
  7. Teken ‘n ‘smiley face’ binne in die hartjie wat jy bo jou naam geteken het.
  8. Teken ‘n koei in die linkerkantste onderste hoek.
  9. Skryf jou gunsteling twee flieks aan die onderkant van die papier neer.
  10. Draai na die een aan jou linkerkant en vra of hulle die meeste van KFC of McDonalds hou.
  11. As hulle die meeste van KFC hou, teken ‘n hartjie enige plek op jou blaai.
  12. Staan op en sê jou naam hardop.
  13. Antwoord die volgende vraag hardop: Hou jy van broccoli?
  14. Doen die volgende som op die agterkant van jou blaai: 40 x 30
  15. Staan regop en tel hardop agteruit van 10 – 0.
  16. Skryf jou gunsteling kleur net bokant jou gunsteling flieks
  17. Trek ‘n vierkant om die woord kleur in nommer 16.
  18. Staan op en sê hardop vir tannie Annatjie – “Ek is amper klaar met die instruksies”, sodat sy kan weet wie amper klaar is.
  19. Teken ‘n huisie op die agterkant van jou blaai
  20. Noudat jy die instruksies deurgelees het, doen net nommer 1,2 en 19. Sit stil en moet vir niemand sê dat hulle alles doen omdat hulle nie die instruksies gevolg het nie.

Laai die speletjies hieronder in WORD formaat af:

Speletjie 1 – Instruksies

Speletjie 2 – Instruksies

Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/ysbrekers-en-speletjies/

 

 

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s