Storie-Tyd is ‘n heerlike manier om jou kinders te laat dink, lekker te laat lag en te laat ‘bond’. Dit kan ook as ‘n ysbreker voor ‘n les gebruik word om die tema van die les aan die kinders te demonstreer.
Jy sal die volgende Storie Speletjies hier kry:
- Ons eie Storie
- Weird Stories
- Gooi ‘n Storie
- Storie tyd
Ons eie Storie:
Die idee van hierdie speletjie is dat die groep ‘n storie moet vertel. Iemand in die groep begin deur ‘n woord of ‘n sin te sê, die volgende persoon moet dan aanlas dat almal ‘n beurt gehad het, of die storie klaar is. Jy kan self die woorde of sinne voorsien om by jou tema of doel vir die aand aan te sluit, of kyk hoe kreatief jou kinders daarmee kan raak.
Weird Stories:
Hierdie speletjie gebruik ons die items uit ons “Boks-of-Weird” https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/14/speletjies-boks-of-weird/.
Hierdie is ‘n wonderlike manier om jou kinders te kry om deel te neem, maar ook deur die regte ‘items’ uit jou boks te kies, die tema van die aand aan hulle bekend te stel. Vir hierdie speletjie haal ons gewoonlik vir elke groep so vyf goed uit die boks en hulle moet dit gebruik om ‘n storie mee te vertel. Jy kan ‘n tema vir die storie gee, of hulle kan so ‘weird’ raak soos hulle kreatiwiteit hulle toelaat.
Gooi ‘n Storie:
‘n “Dice” word vir hierdie speletjie gebruik, en die nommer wat gegooi word, bepaal watter hulpmiddels jy kry om jou storie te vertel. Elke deelnemer kry drie beurte dan is die speletjie klaar, jy kan dit egter meer maak afhangende van wat jy met die speletjie wil bereik. Ons sluit ‘n ‘blank template’ in waarop jy self kan invul wat jy wil gebruik, asook een voorbeeld om jou te help:
Storie Tyd:
Die storie word uitgeprint en in stukkies gesny volgens die verskillende dele van die storie. Elke groeplid kry soveel dele as wat daar groeplede is. Die doel is om die storie in die regte volgorde te probeer sit, of ten minste sodat die storie sin maak. Soos altyd maak jy jou eie reëls vir die speletjie om by jou les te pas.
Storie:
Die Botha’s en die Stander’s het altyd iets teen mekaar gehad.
Party sê dit het begin toe Piet Botha by die army aangesluit het.
Hy het Lizzy Stander by die kansel gelos.
Ander sê dit het begin toe Kaptein Andre Botha vir Pieter Stander gearresteer het na ‘n bakleiery.
Pieter het ‘n hartaanval in die tronk gehad en gesterf.
Nou het die moeilikheid tussen die Botha’s en die Stander’s weer begin.
Dit blyk dat Ellie Mae Botha in die woud gaan stap het.
Sy was opsoek ‘n “Jack-in-the-Pulpit”.
Hierdie is ‘n soort plant wat lyk soos iemand wat op ‘n preekstoel staan en preek.
Ellie Mae het daarvan gehou om hulle uit te grawe, huistoe te vat en in haar tuin te plant.
Josh Stander het ook daardie dag in die woud gestap.
Hy het sy byl gedra.
Hy het ‘n klein boompie afgekap.
Ellie Mae wat naby en het gehoor hoe dit val.
Sekondes later het sy ‘n steekpyn in haar arm gevoel.
Haar arm het gebloei.
Sy het huistoe gehardloop, terwyl sy haar bloeiende arm vashou.
Die Botha’s het die Kaptein gebel.
Die Kaptein het Josh gearresteer.
Hy het die Kaptein vertel dat hy ‘n boom afgekap het, en niks anders nie.
Hulle het die afgekapte boom gekry daar waar hy gesê het dit was.
Daar was ‘n stukkie van die bas van die afgekapte boom naby waar Ellie Mae gestaan het.
Die Kaptein het Josh laat gaan.
Josh het vir Ellie Mae blomme gestuur.
Ellie Mae was mal oor die blomme gewees en hom vir aandete genooi.
Die probleme tussen hulle mag tot ‘n einde kom noudat die paartjie uitgaan.
Jy kan die storie hieronder in WORD formaat aflaai, sodat jy dit kan verander soos dit jou pas:
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/13/speletjies-storie-tyd/ […]
LikeLike