Speletjies: Boks-of-Weird

Boks of weird

Ons het geleer dat die kinders dit wat ons hulle leer die beste onthou as dit speel-speel gebeur. Dit doen ons nie net met ons kleintjies nie, maar ook met ons groter kinders.

Ons begin ALYTD ons lesse met ‘n ysbreker of speletjie wat by die tema van die les pas, want daarmee het ons dadelik die kinders se aandag. Ons glo meeste van julle sal met ons saamstem dat dit baie keer die moeilikste deel van die les is, maar as jy eers daai ysbreker of speletjie het, dan weet jy sommer net – hier kom ‘n ding…

Boks-of-Weird:

Ons het so paar jaar gelede begin met ons Boks-of-Weird, soos ons dit noem. In hierdie boks is letterlik allerhande ‘weird’ goed. Ons gemeente het drie sopkombuise en kry dus redelik baie donasies van speelgoed, soos dit inkom sif ons gou eers deur dit opsoek na goed vir ons Boks-of-Weird.

Ons sif altyd met die vraag….wat kan ek hiermee doen??

10a

Hierdie speelgoed gereedskap is ‘n baie oulike manier om die Gawes van die Heilige Gees aan die kinders te verduidelik. Die Gawes is die ‘gereedskap’ wat die Heilige Gees vir Sy kinders gee om Sy Koninkryk mee te dien, en elkeen het ‘n spesifieke funksie net soos die speelgoed gereedskap.

9a

Die weermag speelgoed is ‘n wondelike aanknopingspunt vir die Wapenrusting van God, veral die groter mannetjies en die gevegstoerusting wat hulle aanhet kan elkeen na die Wapenrusting deurgetrek word.

5a

Die ‘Angry birds’ is ‘n hulpmiddel wat baie effektief rondom die Vrugte van die Gees gebruik kan word. Elke voël het hulle eie karater eienskappe wat deurgetrek kan word na ‘n Vrugte van die Gees.

So wat DOEN ons met die Boks-of-Weird?

Daar is soveel speletjies wat jy daarmee kan speel en geestelike temas waarvoor jy dit kan gebruik. Ons gaan so paar van die speletjies met julle deel waarvoor ons, ons boks gebruik.

1. Vertel ‘n storie

4a

Hierdie speletjie is ‘n wonderlike manier om jou kinders te kry om deel te neem, maar ook deur die regte ‘items’ uit jou boks te kies, die tema van die aand aan hulle bekend te stel. Vir hierdie speletjie haal ons gewoonlik vir elke groep so vyf goed uit die boks en hulle moet dit gebruik om ‘n storie mee te vertel. Jy kan ‘n tema vir die storie gee, of hulle kan so ‘weird’ raak soos hulle kreatiwiteit hulle toelaat.

2. Wie is jy?

1a

Laat die kinders hulleself aan ‘n groep bekendstel deur self ‘n artikel uit die boks te kies wat hulle sal help om iets van hulleself met die groep te deel. Hierdie aktiwiteit kan ook baie doeltreffend rondom die tema van My Identiteit in Christus gebruik word. Hierdie speletjie het soveel moontlikhede dat hulle eintlik te veel is om op te noem.

3. Wat is dit?

6a

Gooi van die artikels in ‘n houer en laat die kinders raai wat dit is deur daaraan te vat. Ons het dit nou die aand met ons kinders gespeel en hulle wou nie ophou toe hoe eers daarmee begin het nie!

4. Hoe goed kan jy onthou?

2a

Pak ‘n klompie van die artikels op ‘n skinkbord of in ‘n boks, en gooi dit toe met ‘n lap. Gee die kinders ‘n paar sekondes om daarna te kyk en maak die skinkbord of boks weer toe. Kyk hoeveel goed die kinders kan onthou wat daarop is.

5. Karakter eienskappe van God:

7a

Hierdie speletjie het ons al ‘n paar keer met ons kinders van verskeie ouderdomme gespeel rondom die Tema: Wie is God. Jy kies self ‘n klompie items uit jou “Boks-of-Weird” en die kinders moet dit dan koppel aan ‘n karakter eienskap van God, of meer oor God vertel.

6. Beskryf my geestelike lewe

3a

Dis goed vir kinders sowel as volwassenes om so nou en dan voorraadopname van ons geestelike lewens te doen. Die “Boks-of-Weird” is ‘n heerlike hulpbron hiervoor. Die kinders kan ‘n artikel kies wat hulle geestelike lewe beskryf, of hoe hulle graag wil hê hulle geestelike lewe moet lyk.  Die verskillende vervoermiddels werk baie goed hiervoor.

7. Diertjies

8a

Die diertjies is ‘n hulpbron wat baie veelsydig gebruik kan word. As ysbreker kry elke kind ‘n diertjie en hulle moet of dieslfde dier as hulle gaan soek, of bv. al die wild diere, mak diere of  plaasdiere bymekaar.

Die diertjies werk ook goed om te gebruik rondom die tema van vriendskap, watter tipe vriend is JY, of watter tipe vriend wil jy graag hê.

Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/ysbrekers-en-speletjies/

 

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s