Is jy opsoek na ‘n oulike speletjie wat nie te wild is nie, maar wat die kinders sal geniet? Ons het 10 speletjies bymekaar gesit waar kinders op verskeie maniere iets moet teken. Dis heerlike ysbrekers en groot pret, en elkeen kan geestelik deurgetrek word.
Jy sal die volgende Teken-Speletjies hier vind:
- Simon says draw
- Lê en teken
- Almal saam
- Gebruik jou tone
- Blinddoek teken
- Sincronize Drawing
- Scribble Drawing Game
- Teken op jou kop
- Rug teen rug
- Voltooi die prentjie
- Poeding Pictionary
- Skaduwee Teken
- Telefoontjie Teken
- “Roll-the-Dice” Teken
1. Simon says draw…
Ons almal ken die ou speletjie “Simon says”. Hierdie speletjie het dieselfde beginsel, maar die opdrag is anders. Met hierdie speletjie gee Simon opdragte van goed om te teken, jy kan heerlik kreatief hiermee raak. Besluit eers wat jy wil hê die kinders moet teken, en dan gee jy die opdragte een vir een om daar te kom. Elke nou en dan gooi jy ‘n ‘kinkel in die kabel’ om die speletjie bietjie ‘op te spice’ en te kyk wat die resultaat is.
Toe ons dit met ons kinders gespeel het, het ons besluit dat hulle ‘n mannetjie moet teken. Die eerste opdrag was ‘n sirkel aan die bokant van die blaai, daarna die gewone goed soos oë, neus, mond ens. Jy kan selfs vir die kinders die opdrag gee om dit op ongewone plekke te teken om dit pret te maak, soos die mond op die voorkop en die oë op die ken! Hierdie is soveel pret as jy kreatief daarmee kan raak!
2. Lê en teken…
Hierdie speletjie is net so oulik. Jy vat stoele of tafels en plak papier aan die onderkant vas, die kinders moet dan op hulle rug onder die stoel of tafel lê en jy gee die opdrag wat hulle moet teken. Jy hou die opdragte eenvoudig, en vir elke opdrag moet die kinders na die volgende stoel aanskuif, so teken hulle nooit hulle eie prentjies klaar nie, maar almal teken saam aan mekaar se prentjies. GROOT pret!!
3. Almal saam…
Die kinders sit in ‘n sirkel, elke groep kry een pen en een blaai. Elke kind kry ‘n stukkie tou, waarvan hulle die een punt aan die pen moet vasmaak en die ander punt vashou. Die hele groep beheer dus SAAM die een pen d.m.v. die toutjies wat hulle vashou. Die leier gee dan opdragte wat hulle moet teken. Jy kan selfs ‘n stap verder gaan en as almal se toutjies aan die pen vasgebind is, dan blinddoek jy die kinders en hulle moet dan so probeer teken.
4. Gebruik jou tone…
Vir hierdie teken speletjie kan jy verf, gems of koukies gebruik, afhangende van jou lokaal en hoeveel die kinders mag mors (of jy wil hê hulle moet mors). Die kinders sit almal op stoele met ‘n blaai voor hulle op die grond, en die gems, koukies of verfkwas tussen hulle tone waarmee hulle teken volgens jou instruksies.
5. Blinddoek teken….
Hierdie speletjie kan as groep gespeel word of een groeplid neem op ‘n slag deel. Hoe jy dit ookal speel, die persoon of persone wat moet teken wat jy sê word geblinddoek.
6. Sincronize drawing:
Kinders werk in pare vir hierdie speletjie, hulle kry elkeen ‘n pen en een blaai wat in die helfte gevou is. Die een is die leier en die ander een die volger. Die leier begin te teken, en die volger moet alles teken wat die leier teken, aan sy/haar helfte van die blaai. Hierdie speletjie kan jy met ‘n bietjie kreatiwiteit op ‘n klomp verskillende maniere speel!
7. Scribble drawing game:
Elke groeplid kry ‘n pen en papier, en elkeen moet iets op die blaai ‘scribble’. Die blaaie word dan kloksgewys (of hoe jy ookal wil) vir die persoon langs jou aangegee. Die persoon wat nou jou blaai het, moet na jou scribble kyk en verder teken, en so word die blaaie aangestuur totdat jy besluit dis klaar. Die idee as dat daar ‘n ‘prentjie’ uit die gescribble moet kom en nie net verder gescribble nie!
8. Teken op jou kop…
Ons lys van teken speletjies sal nie volledig wees sonder hierdie gewilde en bekende ysbreker nie! Sit ‘n papierbord of ‘n blaai op jou kop en teken…..
9. Rug teen rug…
Die ou bekende rug teen rug luister speletjie. Een kind het ‘n blaai en pen en die ander ‘n prentjie voor hulle. Die een met die prentjie verduidelik vir die een met die blaai en pen wat om te teken, sonder dat die ander een loer!
Hier is so vier oulike prentjies in WORD formaat wat lekker werk vir die rug teen rug speletjie:
10. Voltooi die prentjie…
Voltooi die prente is ‘n heerlike, kreatiewe manier om jou kinders aan die gang te kry. Jy kan dit as ‘n aktiwiteit gebruik om tyd om te kry terwyl jy wag om te begin of as ysbreker vir ‘n spesifieke tema. Jy kan dit vir jou kinders gee met reëls by om bv. by jou tema te pas of hulle toelaat om net kreatief daarmee te raak.
Volg die skakel hieronder na die Blogpost met al die aflaaibare voorbeelde van “Voltooi die prentjie” speletjie:
https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/10/speletjies-voltooi-die-prentjie/
11. Poeding-Pictionary:
Hierdie is ‘n heerlike speletjie om vir ‘n ‘Funaand’ te gebruik of om sommer net lekker laf te raak. In plaas van pen en papier gebruik jy kitspoeding of enige ander semi-gestolde vloeistof soos redelik stywe vla (custard).
12. Skaduwee-Teken
As dit ‘n mooi sonnige dag is en jy het die fasiliteite daarvooer kan hierdie speletjie goed werk, maak seker jy stel hierdie speletjie voor die tyd op. Elke kind kry ‘n blaai en pen, met iets op die blaai wat se skaduwee daarop kan val. Die kinders moet dan die item op die blaai se skaduwee teken.
13. Telefoontjie – Teken
Die kinders sit in ‘n sirkel met genoeg spasies tussen hulle dat hulle op mekaar se rûe kan teken. Die leier sê vir die eerste kind wat om te teken en in plaas daarvan om dit vir mekaar te sê soos telefoontjie moet hulle dit op mekaar se rûe teken. Die laaste persoon moet dan sê wat hy of sy dink hulle geteken het.
14. “Roll-the-Dice” Teken
Vir hierdie speletjie kry elke deelnemer ‘n papier en pen of potlood. ‘n “Dice” word gegooi en die nommer wat gegooi word, bepaal wat geteken word. Elke deelnemer kry ses beurte dan is die speletjie klaar. Ons sluit die twee verskillende speletjies met die gesigte en die landskap speletjie in, asook die webtuiste waar ons dit gekry het: http://www.drawinghowtodraw.com/stepbystepdrawinglessons/2016/06/drawing-games-kids-roll-dice-drawing-game/
Laai die speletjies hieronder in WORD formaat af:
Rol die dice en teken ‘n gesig
Rol die dice en teken ‘n landskap
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/15/speletjies-teken-speletjies/ […]
LikeLike