#Sleutelgedagtes: Jeugdag

jeugdag 1

Op 16 Junie vier ons Jeugdag ter herinnering van die jongmense wat op daardie dag in 1976 opgestaan het teen ongeregtigheid en ongelykheid en die hoogste prys betaal het vir dít waarin hulle geglo het.

Al beteken hierdie dag vir baie van ons niks meer as bloot ‘n vakansiedag nie, kan ons tog iets leer uit die rede waarom ons hierdie dag vier, en beslis nie net die Jeug nie, maar ook ons as volwassenes.

4645663-Sophie-Turner-Quote-To-me-bravery-is-to-stand-up-for-what-you

Hierdie dag gaan oor jongmense wat so sterk GEGLO het in hulle saak, dat hulle bereid was om die hoogste prys daarvoor te betaal – hulle lewens.

Leer ONS vandag nog ons kinders om op te staan vir dit waarin hulle glo, en om ALLES op die prys daarvoor te plaas ongeag die gevolge?  Ek weet, in die tyd waarin ons leef is dit makliker gesê as gedoen, maar daar’s ‘n Engelse gesegde wat baie waar is “If you don’t stand for something, you will fall for anything”.

43040-Malcolm-X-Quote-If-you-don-t-stand-for-something-you-will-fall-for

In goeie Afrikaans sal ons dit ruggraat noem – het ONS nog ruggraat, en leer ons nog ons kinders om ruggraat te hê, om nie net ‘saam met die stroom’ te beweeg nie, maar om ‘anders’ as die res te wees, en ‘anders’ op te tree.

Om ‘anders’ te wees, beteken NIE om chaos rondom jou te veroorsaak nie!! Dit beteken om daar waar jy is, en in dit wat jy elke dag doen ‘n verskil te maak – by die skool, werk en rondom jou vriende.

God vra van Sy kinders om Ligdraers te wees daar waar ons beweeg, om op te staan vir dit waarin ons glo. Jesus is ‘n baie goeie voorbeeld waar Hy die tempel omgekeer het omdat hulle daarin handel gedryf het, en nee, ons sê NIE dis wat jy moet doen nie.

61f6d14e1ad16f111a6fa47e0f5dab95

Om lang storie kort te maak, beteken dit dat ons moet begin opstaan vir ons GELOOF, begin opstaan vir ons WAARDES, begin opstaan vir ONGEREGTIGHEID in ons alledaagse lewens. Om NIE anderpad te kyk as ons sien dinge gaan verkeerd nie, en om dit ook vir ons kinders te leer.

As ek Sout en Lig vir die wêreld moet wees, kan ek dit nie eenkant in my hoeke doen en bang wees om ‘raakgesien’ te word, en om soms ‘waves’ te maak nie, want dan is my sout laf, en gee my liggie nie meer lig nie!

So kom ons vra onsself vandag die vraag: Staan EK op vir dit waarin ek glo, is EK die Sout en die Lig vir die wêreld rondom my? LEER ek dit vir my kinders en WYS ek dit vir my kinders?

14 - 1.jpg

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s