TobyMac het ‘n pragtige liedjie wat hierdie verhaal baie mooi opsom – “Speak Life”. Dit vertel die storie van die krag van dit wat by ons monde uitkom, en hoe dit positief of negatief kan wees.
Tema van die Storie: Die Krag van Woorde
‘n Bemoedigende woord aan iemand wat platgeslaan is kan hulle aanmoedig om op te staan en hul doelwit te bereik. ‘n Vernietigende woorde aan iemand wat platgeslaan is kan ‘n negatiewe effek hê. Wees versigtig met dit wat sy sê.
Die Krag van Woorde:
‘n Groepie paddas het deur die woud gereis en twee van hulle het in ‘n baie diep put geval. Al die ander paddas het rondom die put vergader. Toe hulle sien hoe diep die put was, vertel hulle die twee paddas dat hulle so goed as dood is.
Die twee paddas het die kommentare geïgnoreer en probeer om uit die put te spring so al wat hulle werd is. Die ander paddas het aan hulle vertel dat hulle maar net sowel kan ophou spring want hulle is so goed as dood is. Uiteindelik, het een van die paddas gehoor gegee aan wat die ander paddas gesê het en moed opgegee. Met sy laaste sprong poging het hy neergeval en dood gegaan.
Die ander padda het steeds gespring so hard en hoog hy kon. Weereens het die paddas buite die put vir hom gegil om op te hou om homself so te pynig en maar eerder rustig te raak en kalm dood te gaan. Maar die padda het net harder gespring en uiteindelik maak hy dit toe om uit die put te kom.
Toe hy uit die put is vra die ander paddas aan hom, “Het jy ons nie gehoor nie?” Die padda verduidelik toe aan hulle dat hy doof is en dat hy onder die indruk was dat hulle almal hom die heeltyd aangemoedig het om nog harder te probeer.
Die storietjie gee ons baie om oor te dink naamlik:
1. ‘n Bemoedigende woord aan iemand wat platgeslaan is kan hulle aanmoedig om op te staan en hul doelwit te bereik.
2. Vernietigende woorde aan iemand wat platgeslaan is kan ‘n negatiewe effek hê. Wees versigtig met dit wat sy sê.
Mark Russel se aanhaling oor woorde is baie waar:
Die sneeu mag glad en sag lyk maar die rotse daaronder is skerp!
Is die woorde wat jy uiter aan ander bemoedigend sodat hulle aanhou spring om uit te kom of laat jou woorde hulle moed opgee en gaan lê?
Laai die storie hieronder in WORD formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Stories:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/