Aasjag (scavenger hunts) is een van daai lekker goed om jou kinders te laat doen wat nie voorbereiding van jou nodig het nie. Jy steek niks weg soos met ‘n skattejag nie, maar gebruik alles wat reeds rondom jou is.
Hierdie kan vir Kinderkerk, Sondagskool, Jeug en ook jou eie kinders gebruik word. Dis ‘n heerlike aktiwiteit vir daai koue dae wat kinders nie buite kan speel nie.
Jy sal die volgende Aasjag speletjies hier vind:
- Binne-Huis Aasjag
- Buite-Huis Aasjag
- Koerant Aasjag
- Foto Aasjag
- Bybel Aasjag
- In-die-Kar Aasjag
- Aasjag vir Kleintjies
Binne-Huis Aasjag:
Hierdie aasjag word binne die huis gespeel, soos die naam aandui. Die eerste twee is in die vorm van maklike raaisels van alledaagse goed wat jy in jou huis het. Die kinders moet eers die raaisels oplos en dit dan gaan soek.
Die derde binne-huis aasjag is meer algemeen van aarde bv. iets wat hard, sag, glad of grof is.
Buite-Huis Aasjag:
Hierdie aasjag word buitekant gespeel. Daar is twee van hulle en jy hoe niks voor te berei nie, net die aasjag uittik en dit vir jou kinders gee. Algmene goed word gesoek soos ‘n blaar, ‘n veer, iets wat hard, sag ens. is.
Koerant Aasjag:
Vir hierdie aasjag het jy enige koerant nodig, die gemeenskapskoerante sal net so goed werk as julle nie koerant koop nie. Daar is twee van hulle en algemene goed moet in die koerant gesoek word soos ‘n foto van iemand met ‘n bril op, of ‘n baadjie aan, die naam van julle stad of ‘n sin met ‘n uitroepteken of vraagteken.
Foto Aasjag:
Hierdie aasjag kan binne of buite gespeel word, afhangende van die weer en julle omstandighede. Meeste kinders het deesdae selfone en vir hierdie aasjag gebruik hulle die foon se kamera om foto’s te neem van dit wat hulle soek en find. As julle ‘n digitale kamera het wat jy gemaklik is dat jou kind dit gebruik, kan dit ook gebruik word.
Bybel Aasjag:
Vir hierdie aasjag het ons Bybelversies uit die 1983-vertaling gebruik. Jy moet die Bybelversie lees, die vermiste woord invul, en dit dan gaan soek. Die eerste een is vir buitekant en die ander twee vir in die huis.
In-die-Kar Aasjag:
Hierdie aasjag word in die kar gespeel, terwyl julle êrens heen ry. Goed soos padtekens en verskillende kleure of soorte voertuie word gesoek:
Aasjag vir Kleintjies:
Pappa of Mamma sal moet help lees aan hierdie twee, maar dis spesifiek vir die kleintjies geskryf. Die een is ‘n kleur-aasjag en die ander ‘n konsepte-aasjag. Loer gerus daarna, dis ‘n heerlike besighou aktiwiteit vir die kleinspan.
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/18/vakansiepret-speletjies-aasjag/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/18/vakansiepret-speletjies-aasjag/ […]
LikeLike