Ons kinders op ‘n Woensdagaand by EPIC Jeug is baie en ook baie wild, daarom is aktiewe speletjies nie altyd so prakties of moontlik by ons nie.
Hier is egter ‘n paar wat hulle baie geniet wanneer hulle die kans kry om dit te speel, ons speel hierdie met ons Graad 6-12 groep.
Aktiewe Speletjies:
Jy sal die volgende Aktiewe Speletjies hier kry:
- Pikkerwyn Sokker
- Stoel Sokker
- Drie-been Sokker
- Sirkel Sokker
- Knieë Volleyball
- Stoel Volleyball
- Voet Volleyball
- Ballon tennis
- Besem Hokkie
- Musical Chairs
Pikkewyn Sokker
Soos sokker het jy vir hierdie speletjie ‘n bal en twee ‘goals’ nodig. Die kinders se knieë word aanmekaar vasgemaak met ‘n stuk lap of sykous. Hulle beweeg dus stadig nes ‘n pikkewyn en die speletjie is ook dan nie so vinnig en wild nie. Jy kan jou eie reëls maak om aan te pas by dit waarvoor jy die speletjie wil gebruik.
Stoel Sokker
Ons kinders is MAL oor hierdie een, maar dit kan nogal wild raak. Twee spanne sit op stoele regoor mekaar sodat hulle na mekaar kyk. Kinders hak hulle arms om die stoel sodat hulle nie hulle hande kan gebruik nie, en almal moet ten alle tye op die stoele bly sit. Die een wat opstaan is uit. Weereens het jy ‘n bal en twee ‘goals’ nodig. Maak net seker die twee spanne sit ver genoeg uit mekaar dat hulle nogsteeds die bal kan skop, maar mekaar nie raakskop nie.
Drie-Been-Sokker
Kinders speel hierdie speletjie in pare, maar nogsteeds in spanne, hulle bene word soos met drie-been-resies aanmekaar vasgemaak en hulle moet so sokker speel.
Sirkel Sokker
Die kinders staan in ‘n kring met hulle hande op mekaar se skouers, of hou hande vas en hulle voete uitmekaar geplant. Die idee is dat die bal onder deur iemand se bene geskop word en daai persoon dan uit is.
Knieë Volleyball
Vir knieë volleyball staan die kinders op hulle knieë en ‘n ballon word gebruik i.p.v. ‘n bal. Die net is natuurlik ook laer of julle kan selfs ‘n ry stoele in die middel afpak vir die ‘net’.
Stoel Volleyball
Hierdie speletjie is nogal baie snaaks! Soos met die stoel-sokker sit almal op stoele, maar elkeen besluit voor die tyd waar hulle hul stoel gaan sit, en mag nie van daaraf opstaan nie, maar moet ten alle tye op die stoel bly sit!
Voet Volleyball
Hierdie volleyball word met die voete gespeel en met ballonne. Maak net seker dat almal wat deelneem reg aangetrek is – hierdie is beslis NIE ‘n speletjie vir meisies met rokkies aan nie!
Ballon Tennis
Ballon tennis word met ballonne (natuurlik!!) en vlieëplakke gespeel. Maak net seker hulle is skoon of nuut.
Besem Hokkie:
Ons het hierdie speletjie een aand met ons kinders gespeel en hulle was MAL daaroor gewees. In plaas van hokkie-stokke gebruik jy… besems! ‘n Ballon of ‘n sagte strandbal werk ook baie goed i.p.v. ‘n hokkiebal.
Musical Chairs
As jou logstiek dit toelaat bly musical chairs altyd ‘n treffer onder die kinders van alle ouderdomme. Lekker musiek is natuurlik baie belangrik hiervoor – ons kinders gaan mal as hulle “Hair up” uit die Trolls fliek hoor! (Graad 6-12!!)
Ons gebruik dieselfde konsep baie keer tydens ‘n ysbreker vir ‘n les, maar gebruik dan ‘n ballon of boks wat oopgemaak moet word, i.p.v. die hardloop vir ‘n stoel.
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/13/speletjies-aktiewe-speletjies/ […]
LikeLike