Stories: Met Jesus in die prentjie lyk alles anders

met jesus in die prentjie - groot

Hoe maklik trap ons nie in die strik om wanneer probleme en moeilikheid oor ons pad kom ons eers probeer om dit self uit te werk, en wanneer al ons eie pogings misluk het, dan gaan ons eers na Jesus toe.

Tema van die Storie: Met Jesus in die prentjie lyk alles anders.

Hierdie storie illustreer dat wanneer ons Jesus deelmaak van ons probleme en moeilikheid dit makliker is om deur dit te kom, wat met Hom saam met ons lyk die prentjie anders. Hierdie storie kan lekker prakties vir die kinders gedemonstreer word.

Met Jesus in die prentjie lyk alles anders:

Daar was ‘n man wat ‘n seun gehad het vir wie hy baie lief was. Elke dag na werk het die pa huistoe gekom en tyd saam met sy seun spandeer. Hulle het so lekker saam gespeel en dit was die hoogtepunt van die seuntjie se dag.

Een middag terwyl die man by die werk was, het hy besef dat hy nie genoeg tyd gaan hê om met sy seun speletjies te speel nie omdat hy ekstra werk gehad het wat hy by die huis gaan moet klaarmaak. Hy wou tog vir die seun iets gee om hom besig te hou.

Die pa het in sy kantoor rondgekyk en ‘n tydskrif gesien met ‘n kaart van Suid-Afrika op die voorblad. Skielik het hy ‘n idee gekry. Hy het die voorblad afgeskeur en toe geduldig dit in klein stukkies geskeur. Toe sit hy al die stukke in sy baadjie se sak.

Toe die pa by die huis kom, het die seuntjie na sy pa gehardloop, gereed om te speel. Die pa het verduidelik dat hy ekstra werk het en nie nou kan speel nie. Hy het die seuntjie na die eetkamertafel geneem, die stukkies van die kaart uit sy sak gehaal en dit op die tafel uitgesprei. Hy het kleeflint langs die stukkies kaart neergesit.

Die pa verduidelik toe dat dit ‘n kaart van Suid-Afrika is en dat teen die tyd dat die seuntjie dit aanmekaar gesit het, hy klaar sou wees met sy ekstra werk. Dan sal hulle weer lekker kan speel. Die pa het gedink dat hierdie taak waarskynlik die seuntjie die hele aand sou besig hou tot slaaptyd toe.

Omtrent ‘n halfuur later kom die seuntjie na sy pa toe en sê: “Ok ek is nou klaar, kan ons nou maar speel?” Die pa was baie verbaas. “Dis onmoontlik. Kom ons gaan kyk.” Glo dit of nie die kaart was op die tafel, aanmekaar, elke stukkie op sy regte plek. “Dis ongelooflik!” “Hoe het jy dit reggekry?” het die pa uitgeroep. Die seuntjie antwoord: “Dit was maklik. Op die agterkant van die kaart is ‘n prentjie van Jesus. Toe ek Jesus aanmekaar gesit het, het die hele Suid-Afrika bymekaar gekom.”

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Met Jesus in die prentjie lyk alles anders

Kaart van Jesus en SA – Klein

Kaart en Jesus en SA – Groot

Volg die skakel hieronder na ons ander Stories:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s