Ons hou gereeld “Funaande” met EPIC Jeug op ‘n Woensdagaand en soek dan altyd iets ouliks en ‘anders’ om met hulle te doen. Ons het YoutMin.org se Wacky-woorde idee geleen en ons eie PowerPoint Speletjie in Afrikaans daarvan gemaak.
Wacky Woorde:
Die speletjie bestaan uit drie Afdelings:
- Ou Afrikaanse Woorde
- Nuwe Afrikaanse Woorde
- Snaakse Afrikaanse Woord
Jy besluit self HOE jy die speletjie wil speel. Elke ‘slide’ gooi die woord wat die kinders moet raai eerste op die skerm, as hulle sukkel is daar ‘n prentjie wat as leidraad kan help, en dan natuurlik die antwoord.
Die volledige speletjie is 64 slides, wat ons by hierdie ‘post’ insluit sodat jy daaraan kan verander soos jy wil. Ons het ook van die drie Afdelings drie aparte speletjies gemaak as jy dit eerder so wil speel.
Hier is so paar woorde om jou ‘n idee te gee:
Vlooikooi – Laatslaper
Wolkpos – WhatsApp
Kombikraal – Taxirank
Mampara – Idioot
Lipsuig – Soen
Blaarvraat – Tronk
Laai die dokumente hieronder in PPT formaat af:
Wacky Woorde – Ou Afrikaanse Woorde
Wacky Woorde – Nuwe Afrikaanse Woorde
Wacky Woorde – Snaakse Afrikaanse Woorde
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/12/speletjies-wacky-woorde/ […]
LikeLike