Wat is lekkerder om as gesin tydens die vakansie te gaan fliek? Ongelukkig is hierdie vir baie van ons nie meer regtig ‘n opsie nie as gevolg van die prys van fliek kaartjies asook die kwaliteit van die vermaak wat beskikbaar is. Ons het al hoeveel keer halfpad deur ‘n fliek uitgestap omdat ons nie meer die taalgebruik en die sekstonele kon hanteer nie.
Ek het al baie ‘gewens’ ek kon op ‘n christen webtuiste afkom wat flieks ‘rate’ en help om die keuse van WAT om te kyk te vergemaklik… Ek dink my ‘wens’ het vandag waar geword.
Christian Spotlight on Entertainment
Hierdie webtuiste voorsien nogal in my behoeftes. Dit gee ‘n oorsig oor die storielyn en gee dan inligting oor geweld, seks en taalgebruik in redelik ‘detail’. Dit laat jou dan met die keuse op die einde van waarvoor jy kans sien VOORDAT jy die fliek uitneem of gaan kyk.
https://christiananswers.net/spotlight/
The Dove Foundation
Die Dove Foundation is nog ‘n webtuiste wat baie help om voor die tyd oor ‘n fliek te besluit, of flieks op te spoor wat binne jou raamwerk pas. Ek het al op ‘n hele paar oulike, skoon flieks afgekom soos ek deur hulle databasis gelees het.
Commonsensemedia
Commonsensemedia is ‘n redelik nuwe webtuiste wat help om jou bietjie leiding oor flieks te gee. Dis ongelukkig nie in soveel detail soos “Christian Spotlights” nie, maar help beslis om jou ‘n redelike oorsig oor ‘n fliek te gee voordat jy dit kyk.
https://www.commonsensemedia.org/
Volg die skakel hieronder na ons ander Internet Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/internet-hulpbronne/