Besige-By-Speletjies is ‘n lekker aktiewe speletjie vir die kleinspan om die rooimiere mee hok te slaan, of om hulle iets rondom ‘n les te leer. Roer gerus daarna en besluit waar jy dit kan gebruik. Dis ook ‘n heerlike speletjie vir Pappa en Mamma om saam met die kinders te speel.
Besige-By-Speletjie:
Vir hierdie speletjie het jy drie stelle instruksies nodig. Jy print Intruksie Kaarte 1,2,3 en skryf dan die nommers 1,2,3 onderskeidelik op die agterkant van die instruksie kaartjies neer.
Wanneer die kinders die speletjie speel dan trek ELKE kind ‘n nr 1,2 en 3 instruksie kaartjie en doen wat op AL drie staan. Hier is ‘n voorbeeld hieronder van ‘n Instruksie kaart 1,2 en 3 en wat die kinders dan sal doen.
Dis eintlik ‘n baie ‘stupid’ speletjie, maar soveel pret, want elke keer as jy die instruksie kaarte skommel, dan doen die kinders iets anders! Ons het by elke stel instruksie kaarte ook ‘n paar ‘blank’ gelos as jy dalk self ‘n paar wil byvoeg.
Laai die instruksie kaartjies hieronder in WORD formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/24/vakansiepret-speletjies-besige-by-speletjie/ […]
LikeLike