Die volgende drie speletjies word met ‘n ‘dice’ gespeel en is GROOT pret, en kan vir verskeie temas of as ysbreker voor ‘n les gebruik word:
Jy sal die volgende Roll-the-Dice speletjies hier vind:
- Roll-the-Dice Teken
- Roll-the-Dice Storie
- Roll-the-Dice Beweging
- Roll-the-Dice Lekkers
Roll-the-Dice Teken:
Rol die dice en teken ‘n landskap
Rol die dice en teken ‘n gesig
Vir hierdie speletjie kry elke deelnemer ‘n papier en pen of potlood. ‘n “Dice” word gegooi en die nommer wat gegooi word, bepaal wat geteken word.
Elke deelnemer kry ses beurte dan is die speletjie klaar. Ons sluit die twee verskillende speletjies met die gesigte en die landskap speletjie in. Volg die skakel hieronder na die webtuiste:
Roll-the-Dice Storie:
‘n “Dice” word gegooi, en die nommer wat gegooi word, bepaal watter hulpmiddels jy kry om jou storie te vertel. Elke deelnemer kry drie beurte dan is die speletjie klaar, jy kan dit egter meer maak om dit interessanter te maak. Ons sluit ‘n ‘blank template’ in waarop jy self kan invul wat jy wil gebruik, asook een voorbeeld om jou te help:
Roll-the-Dice Beweging:
Soos met die vorige speletjies word ‘n ‘dice’ gegooi. By hierdie aktiwiteit bepaal die nommer wat jy gooi watter bewegings jy moet maak. Elke deelnemer kry vyf beurte dan is die speletjie klaar. Ons sluit weer ‘n ‘blank template’ in waarop jy self kan invul, asook een voorbeeld wat jy kan gebruik. Ons kon ongelukkig nie die voorbeeld hieronder vir julle wys soos dit in die dokument lyk nie, maar julle behoort darem die idee te kry.
Roll-the-Dice Lekkers:
Vir hierdie speletjie het jy 3 lekkers per speler nodig asook 3 ‘dices’, as jy net een het, sal dit ook werk. Die eerste speler gooi die 3 ‘dices’ en moet dan vir elke ‘dice’ doen wat op die instruksieblad staan – of ‘n lekker eet, dit hou of na links of regs aangee. Ons sluit weer ‘n ‘blank template’ in waarop jy self kan invul, asook een voorbeeld wat jy kan gebruik:
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/06/20/vakansiepret-speletjies-roll-the-dice/ […]
LikeLike