Wie het nie die ‘I spy’ speletjie in die motor as kind gespeel nie? Dis seker een van die lekkerste speletjies om met kleintjies te speel.
I spy bottel…
I spy kan op verskillende maniere gespeel word, ons het op ‘n oulike een afgekom wat jy in ‘n bottel doen, ongelukkig kon ons nie die bron op Pinterest opspoor nie, maar net die foto’s.
Jy gooi rys of voëltjiesaad in ‘n droeë deurskynende bottel, maak die bottel redelik vol, maar los genoeg spasie vir die inhoud om te kan rondbeweeg. Gooi ‘n klompie goed binne-in die bottel en skryf of ‘n ‘label’ wat binne-in die bottel is wat die kind moet soek.
I spy…
Vir hierdie speletjie word ‘n gedrukte “I spy” blaai vir elke kind gegee, die fasiliteer sê wat dit is wat gesoek moet word en die kind wat dit die eerste kry roep uit dat hulle dit het en kleur dit in as jy die swart en wit prente gebruik.
Dis ‘n heerlike aktiwiteit om met jou kinders by Kinderkerk te doen terwyl julle wag om te begin. Dis selfs dalk iets om met die groter kinders te probeer.
Voorbeeld van die gekleurde I spy speletjie:
Voorbeeld van ‘n swart en wit I spy speletjie:
Die ‘I spy’ prentjies kan hieronder gratis in word formaat afgelaai word:
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/07/speletjies-i-spy/ […]
LikeLike