Speletjies: Tangrams

tangrams

Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het nie ‘n Bybelse basis nie, maar kan as ysbreker voor ‘n les gebruik word om ‘n tema te verduidelik of te illustreer. Dit kan ook sommer net vir die pret gespeel word. Speletjies sluit die volgende in: Crazy Stuff; LEGO uitdagings; Stragtegiese Speletjies; Besige-By-Speletjie; Wat is in jou Naam; Kleur Speletjie; Simon Says…; Charades; Emoji’s; Vinger Twister; Aasjag; Teken Speletjies en nog ‘n hele klomp ander:

Tangrams

3

Kom ons begin by die begin, wat is ‘n tangram? Dis ‘n ou Chinese speletjie wat kinders help met wiskunde en om jou brein skerp te hou.

‘n Tangram bestaan uit sewe helderkleurige stukke wat almal gebruik moet word om ‘n voorwerp, dier of persoon mee te ‘bou’.

4

Tangrams het eindelose moontlikhede as ysbrekers voor ‘n les omdat daar so baie ‘patrone’ is wat gebou kan word. Daar is bv. ‘n hartjie, skoene, helm en ‘n persoon wat bid om maar net ‘n paar te noem. Elkeen van hierdie kan gebruik word vir temas soos liefde, die wapenrusting en gebed.

Temas soos God se plan vir jou lewe is ook ‘n heerlike tema om tangrams voor te gebruik. Jy gee vir die kinders die sewe stukke en die skaduwee patroon en hulle moet probeer om die prentjie te bou sonder dat hulle weet hoe die stukke inmekaar pas, dis nogal moeiliker as wat dit klink.

Webtuistes:

Daar is BAIE verskillendes op die Internet beskikbaar, tik net die woord tangram in en hulle ‘pop’ sommer op. Hier is ‘n paar webtuistes waar tangrams gratis beskikbaar is.

https://www.tangram-channel.com/

Tangram – lär dig känna igen geometriska figurer med detta gamla kinesiska pussel!

Printable Tangrams and Challenge Cards

Tangram Figuras para imprimir plantillas incluidas

Laai ‘n paar voorbeelde hier af:

1 tangram PDF

4 tangrams PDF

Tangrams WORD

Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s