Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
Bybel Charades:
Charades, ek onthou hoe ons as kinders dit altyd gespeel en geniet het, maar soos tegnologie die wêreld begin oorneem het, het ou treffers soos hierdie êrens langs die pad verlore begin raak. Ons het dit onlangs met ons kinders gedoen het was VERSTOM om te sien hoe hulle dit geniet! Die tyd was heeltemal te min vir hoeveel pret hulle hiermee gehad het!
‘n Vinnige oorsig oor die reëls: dit word in stilte gespeel, geen gepraat, geluide maak of na goed wys nie. Alles word met handgebare gedoen.
Ons het op ‘n webtuiste afgekom wat ‘n oulike stel “Bible charades” gratis in Engels beskikbaar stel. Ons het dit afgelaai en vertaal na Afrikaans toe. Dis by die skakel hieronder in Engels beskikbaar:
Bible Charades: How To Engage Kids With The Bible In a Fun Way
Die stel is in drie afdelings beskikbaar: Dinge in die Bybel, Gebeure in die Bybel en Mense in die Bybel.
Jy kan die drie kategorieë gratis in Afrikaans hieronder aflaai:
Hier is ‘n baie oulike manier om charades bietjie ‘op te spice’. In plaas van een groeplid wat wys en die groep raai, wys die groep en een groeplid uit elke groep raai op ‘n keer.
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/16/sondagskool-idees-6/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/16/sondagskool-idees-6/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/16/sondagskool-idees-6/ […]
LikeLike
[…] Bybel Speletjies: Charades […]
LikeLike