Jeug Funaand: Challenges

Funaande - Challenges - 2

Ons eerste EPIC Jeug byeenkoms van 2018 was ‘n funaand gewees. Ons het dit half in die vorm van ‘n ‘battle of the sexes’ formaat gedoen, omdat die kinders dit so geniet.

Seuns en meisies is in aparte groepe verdeel en het teen mekaar deelgeneem. Die aand het bestaan uit vrae en ‘challenges’. Die seuns en meisies groepe het om die beurt kans gekry om uit die hoed te trek wat ALMAL volgende sou doen – ‘n vraag antwoord of ‘n challenge doen.

Funaand Challenges:

1.TIC – TAC – TOE: o en x in ‘ou Afrikaans: As die challenge getrek word neem elke seunsgroep teen ‘n meisiegroep deel om te kyk wie die kampioene is! Ek het groot borde en x en o wat ek vir die groepe gegee het om mee te speel.

2. KOUKIE-TOUTJIE: Elke groep kry ‘n koukie en papier, asook soveel toutjies as wat daar groeplede is. Die een kant van elke toutjie moet aan die koukie vasgemaak word, en elke groeplid hou ‘n ander kant van ‘n toutjie vas. Die groepe moet dit teken wat ek vra deur die koukie met die toutjies te beheer, bv. hartjie, sirkel ens.

3.MABLE MAZE: Elke groep kry ‘n papierbord, stukkies papier, cellotape, skêr en ‘n albaster. Hulle moet ‘n ‘maze’ met die papier bou en die albaster deur dit laat rol. Die eerste groep wat die maze kan bou en die albaster suksesvol vir my deur dit kon rol is die wenner van hierdie challenge.

4.VERTEL ‘N STORIE: Elke groep kry ‘n sakkie met ‘n paar ‘random’ artikels in. Hulle moet kyk hoe vinnig hulle dit kan gebruik om vir my ‘n storie te kan vertel deur AL die artikels in die sak te gebruik.

 5.SIMON SAY – DRAW: Elke kind kry ‘n stuk papier, backingbord en pen, i.p.v aksies wat Simon say – moet hulle teken wat Simon say.

6.WOORDSPELETJIE: Elke groep kry ‘n sakkie met woorde in, pen en papier. Hulle moet kyk hoeveel woorde hulle van die woord op die papiertjie kan maak. As daar bv. 2 ‘e’ in die woord is, mag twee in die nuwe woord gebruik word – as daar net 1 is, mag net een gebruik word ens.

7.BIBLE CHARADES: “stomstreke’ is die ou Afrikaanse woord. Elke groep kry ‘n sakkie met instruksies wat hulle moet uit ‘act’ vir die groep. Onthou NIEMAND mag praat nie, NET aksies mag gebruik word!

Laai die dokument hieronder in pdf formaat af:

JEUG FUNAAND – Challenges

Challenges

Vrae

Woordspeletjie

Bible Charades

Volg die skakel hieronder na ons ander Jeug Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s