AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Funles – Sout vir die aarde:
In Matt 5:13 gee Jesus ons die opdrag om die sout vir die aarde te wees. Sout is egter vir ons ‘n alledaagse item met nie veel meer waarde as om smaak aan kos te gee nie. Sout is egter soveel meer as dit, en as ons DIT verstaan, dan maak die opdrag om sout vir die aarde te wees soveel meer sin en het dit soveel meer betekenis.
Hierdie les word in die vorm van ‘n Funles gehou, en ons kyk na die waarde van sout, sodat ons die opdrag om sout te wees beter kan verstaan. Dit bestaan uit ‘n ‘taste-test’ en ‘n paar eksperimente om die waarde van sout aan die kinders te verduidelik.
Laai die les hieronder af:
KINDERKERK LES – Funles – Sout vir die aarde
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse oor Sout vir die Aarde:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sout-vir-die-aarde-kinderkerk/
Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor Sout vir die Aarde:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sout-van-die-aarde-sondagskool/