Sondagskool Lesreeks: Jesus Jnr.

jesus - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.  Junior lesse is kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.

Lesreeks: Jesus – Junior

Hierdie reeks fokus op Jesus, wie Hy is, en wat Hy gedoen het. Dit poog om ons kinders ‘n beter begrip te gee van wie Jesus is, en nie net wat Hy gedoen het nie. Hierdie lesreeks kan in enige volgorde met die kinders gedoen word.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Drie-Eenheid
  2. Jesus is die Lig vir die wêreld
  3. Jesus is die Sleutel na die hemel
  4. Jesus is ons Goeie Herder
  5. Jesus ons Redder
  6. Jesus leer ons
  7. Hoekom het Jesus aarde toe gekom
  8. Jesus leef

1. G1 – Drie-Eenheid

Voordat ons die kinders oor Jesus kan leer, moet hulle eers weet en verstaan (sover moontlik) van die Drie-Eenheid. Hierdie les is eenvoudig met oulike illustrasies om hulle juis te probeer leer.

1.G1 – Drie-Eenheid

2. G1 – Jesus is die Lig vir die wêreld

Hierdie is ‘n baie kort, eenvoudige les wat die begrip “Jesus is die Lig vir die wêreld” deur middel van speletjies aan die kinders verduidelik. Ons leer hoekom Jesus moes aarde toe kom. Ons leer dat Hy die enigste Lig vir ons in hierdie donker wêreld is en dat ons Hom moet soek.

2. G1 – Jesus is die Lig vir die wereld

3. G1 – Jesus is die Sleutel na die hemel

‘n Sleutel is ‘n universiële simbool regoor die wêreld. Sleutels belowe toegang, vryheid,
vervoer, beskerming en veiligheid. ‘n Sleutel word gebruik as verteenwoordiger om iets
waardevol te verkry net soos ‘n sleutel fisies ‘n deur kan oopsluit of iets wat voorheen
onbekombaar was. Die sleutel word ook in die Bybel gebruik, beide as simbool en letterlik. In hierdie les praat ons van die Sleutel wat die weg vir ons hemel toe oopsluit – Jesus Christus – die ENIGSTE weg, die ENIGSTE sleutel na die hemel.

3. G1 – Jesus is die Sleutel na die hemel

4. G1 – Jesus is ons Goeie Herder

Jesus is ons Goeie Herder en ons is Sy skape. Ons op Jesus kan vertrou om oor ons te waak, ons te lei en ons veilig te hou.

4. G1 – Jesus is ons Goeie Herder

5. G1 – Jesus ons Redder

In hierdie les leer ons dat Jesus aarde toe gekom het as mens om ons te red.

5. G1 – Jesus ons Redder

5. Jesus ons Redder – Maak die storie klaar

6. G1 – Jesus leer ons

Jesus is die beste Onderwyser en ons moet na Hom luister. Jesus het sooooo baie om vir ons te vertel en leer in die Bybel. Hy leer ons hoe om ander te behandel en hoe ons kan bid. Jy moet net die Bybel oopmaak en begin lees. Jesus leer ons vandag nog nes Hy die mense lank gelede geleer het toe Hy op aarde was.

6. G1 – Jesus leer ons

7. G1 – Hoekom het Jesus aarde toe gekom

In hierdie les verduidelik ons  vir die kinders hoekom dit juis nodig was vir Jesus om aarde toe te kom en aan die kruis te sterf.

7. G1 – Hoekom het Jesus aarde toe gekom

8. G1 – Jesus leef

Jesus het opgestaanen Hy leef. Die graf is leeg.

8. G1 – Jesus leef

Volg die skakel hieronder na ons ander Junior Sondagskool Lesreeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-jnr/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s