Sondagskool Lesse

Sondagskool lesse 3

Is jy opsoek na Sondagskool en Kinderkerk lesse? Kom kyk gerus wat ons beskikbaar het. AL ons lesse is gratis in Afrikaanse op die Blog beskikbaar – volg net die skakels hieronder na die lesse. Ons het ‘n KLOMP materiaal beskikbaar wat jy in die kategorie-afdeling sal vind.

SONDAGSKOOL REEKSE:

In hierdie afdeling sal jy al die Sondagskool reekse vind wat ons beskikbaar het.

Die Bybel:

Hierdie reeks oor die Bybel bestaan uit twee dele. Die eerste deel is WAT die Bybel is: die geïnspireerde Woord van God, ons Gids ens. In die tweede deel kyk ons na die samesteling van die Bybel sodat die kinders dit beter kan verstaan wanneer hulle dit gebruik. Ons is tans besig met hierdie reeks en post elke week die nuwe lesse soos wat ons dit uitwerk:

Hierdie reeks vir die Sondagskool sowel as vir Kinderkerk beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

Vrugte van die Gees:

In hierdie afdeling het ons ‘n Sondagskool lesreeks asook ‘n lesreeks vir die Kinderkerk beskikbaar. Die lesse behandel meestal twee vrugte op ‘n keer. Die reeks word afgeskop met ‘n vrugte van die Gees “Funaand” en afgesluit met ‘n vrugte van die Gees Gebedsaand.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/

Gawes van die Gees:

Hierdie is ‘n onderwerp wat ons baie min, indien ooit met ons kinders oor praat. Ons het ‘n reeks vir die Sondagskool asook vir die Kinderkerk daaroor geskryf.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/11/sondagskool-lesreeks-gawes-van-die-heilige-gees-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/28/kinderkerk-lesreeks-gawes-van-die-heilige-gees/

My Identiteit in Christus:

Hierdie reeks begin by God se Verlossingplan vir die mens, en loop dan deur na my Identiteit in Christus. Ons het dieselfde reeks ook vir die Kinderkerk beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/10/sondagskool-lesreeks-my-identiteit-in-christus-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/10/kinderkerk-lesreeks-my-identiteit-in-christus/

Heilige Gees:

Die Heilige Gees is die Een in die Godheid waaraan ons partykeer die minste tyd met ons kinders spandeer, omdat ons Hom self nie mooi kan verstaan of verklaar nie. Hierdie reeks poog om die Heilige Gees op ‘n eenvoudige, praktiese manier aan die kinders  bekend te stel. Hierdie lesreeks is ook vir die Kinderkerk beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/21/sondagskool-lesreeks-heilige-gees-2-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-heilige-gees/

Sout van die aarde

In Matt 5:13 gee Jesus ons die opdrag om die sout vir die aarde te wees. Sout is egter vir ons ‘n alledaagse item met nie veel meer waarde as om smaak aan kos te gee nie. Sout is egter soveel meer as dit, en as ons DIT verstaan, dan maak die opdrag om sout vir die aarde te wees soveel meer sin en het dit soveel meer betekenis. Dis waaroor hierdie mini-reeks oor “sout vir die aarde” gaan. Hierdie mini-reeks is ook vir die Kinderkerk beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/11/sondagskool-lesreeks-sout-vir-die-aarde-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-sout-vir-die-aarde/

God die Vader

Om vir God lief te word moet ek Hom leer ken soos Hy Homself in Sy Woord aan ons bekendmaak, en dis presies wat hierdie reeks oor God die Vader doen. Daar is ‘n reeks vir Kinderkerk, Junior en Senior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/16/lesreeks-senior-sondagskool-god-die-vader/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/03/junior-jeug-reeks-god-die-vader/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-god-die-vader/

Jesus

Ons kinders weet dat Jesus gebore is en aan die kruis vir ons sondes kom sterf het, maar dis waar baie van hulle se kennis oor Hom ophou. Hierdie lesse fokus daarop om kinders aan Jesus voor te stel. Daar is ‘n reeks vir Kinderkerk, Junior en Senior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/12/sondagskool-lesreeks-jesus-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-jesus/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/sondagskool-lesreeks-jesus-jnr/

Fan or Follower reeks:

Hierdie is seker een van die beste reekse om met jongmense te doen! Dit daag hulle uit om hulle verhouding met Jesus te evalueer en verandering te maak waar nodig!

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/fan-or-follower/

Gebedsaande:

Gebed is een van die hoekstene waarop Algoa Gemeenskapskerk gebou word, en daarom het ons gereeld gebedsgeleenthede vir ons kinders. Ons glo daaraan dat ons kinders van ‘n jong ouderdom af aan gebed blootgestel moet word en moet leer om te bid, want dis deel van ons geestelike groei en wapenrusting. Ons het ook Gebedstasies vir die Kinderkerk beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/gebedsaande/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/

Geloof:

Ons het beleef dat ons kinders die Bybel verhale ken, maar nie die kern van dit wat ons glo kan vasvat nie. Hierdie mini-reeks oor geloof gaan oor die kern van dit was ons glo.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/geloof/

Praise and Worship 

Praise and Worship is een van die belangrikste geestelike beginsels wat ons ons kinders van kleinsaf moet leer. Dis ook een van ons kragtigste geestelike wapens. Ons het heelwat Praise and Worship hulpbonne op die blog beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/praise-and-worship/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/25/jeugles-lofprysing-en-aanbidding/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/23/kinderkerk-les-praise-and-worship/

Wapenrusting:

Die Wapenrusting van God is een van ons, as kinders van God se, belangrikste toerusting, maar so min is daaroor beskikbaar. Ons het ‘n hele reeks daarvan gemaak en elke deel van die Wapenrusting afsonderlik met die kinders behandel. Ons was regtig verstom om te sien hoe die kinders hierop gereageer het, dit verstaan het, en dit geniet het. Ons het ook vir die leiers by elke deel van die wapenrusting ‘n ‘teaching’ gegee om hulle te help om dit beter te verstaan ten einde die kinders te kan help. Hierdie reeks oor die wapenrusting van God is vir Junior en Senior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/wapenrusting/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/31/junior-jeug-reeks-wapenrusting-van-god/

Wees Lig:

Hierdie lesreeks kyk na hoe ek as kind van God ‘n verskil in die wêreld kan maak deur die manier hoe ek leef en deur anders as die wêreld te lyk.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/wees-lig/

Om die Bybel beter te verstaan:

Die Bybel is ons as kinders van God se belangrikse wapen, asook hulpmiddel om te weet hoe God wil hê dat ons moet leef. Dis egter nie die maklikste boek om te verstaan nie, en veral ons kinders sukkel hiermee en hou dan later heeltemal op om Bybel te lees. In hierdie kort minireeks van drie lesse rondom die Bybel probeer ons die kinders daarmee help. Dis nie diep, teologiese lesse nie, maar lesse wat die kinders probeer help verstaan hoekom die Bybel so belangrik is. Daar is ook ‘n paar ekstra hulpbronne wat mag help.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/19/sondagskool-lesse-om-die-bybel-beter-te-verstaan/

My pad as Christen:

Hierdie reeks kyk na die verskillende fasette van ons pad as Christene. Dis baie eenvoudig, maar juis treffend in die eenvoud daarvan.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/05/04/__trashed-4/

Begin van ‘n nuwe jaar:

Aan die begin van ‘n nuwe jaar is dit belangrik om bietjie “voorraad-opname” te doen, ons moet bepaal waar ons NOU is en waarheen ons OPPAD is. Hierdie reeks is ‘n wonderlike hulpmiddel om die kinders daarmee te help.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/24/senior-sondagskool-begin-van-n-nuwe-jaar/

Om Jesus te volg:

Die volgende drie reekse loop hand aan hand en is drie reekse wat oor drie kwartale gedoen word.

1. Begin die reis:

Die eerste reeks begin letterlik by die begin by wat verlossing is, hoe en wie verlos kan word en dan bekering.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/05/jeug-begin-die-reis/

2. Operasie Transformasie:

Die tweede reeks fokus op hoe ‘n lewe lyk wat aan Jesus oorgegee word, en dat ons nie meer dieselfde kan wees en lyk nie.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-operasie-transformasie/

3. Om Jesus te volg:

Die derde reeks fokus op die Heilige Gees en wat dit beteken as God sê dat ek heilig moet wees.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/04/06/jeug-reeks-3-om-jesus-te-volg/

Leef soos Daniël

Ons kyk in hierdie reeks hoe Daniël en sy drie vriende as kinders van God die pad gestap het, en hoe hulle in moeilike situasies moes opstaan vir dit waarin hulle geglo het.  Ons leer hoe God hulle die krag gegee het om in elke situasie die regte ding te doen. Hierdie reeks is aangepas uit Kids Sunday School Place. Ons is ook met die Kinderkerk besig met dieselfde reeks.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/

Walk through the Bible

Alhoewel die naam in Engels is, is hierdie Lesreeks vir Kinderkerk en Sondagskool in Afrikaans beskikbaar. Dis so paar ‘funlesse’ waarin ons na ‘n paar interessant goed in die Bybel kyk.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-sondagskool-lesreeks/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-kinderkerk-lesreeks/

Woord Studie

Hierdie is ons nuwe Lesreeks vir Kinderkerk sowel as Sondagskool. In hierdie reeks probeer ons moeilike woorde in die Bybel op ‘n eenvoudige manier vir ons kinders verduidelik sodat hulle die Bybel beter sal verstaan. Hierdie reeks is vir Kinderkerk en Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/

Sondagskool Lesse:

In hierdie afdeling sal jy al die Sondagskool lesse vind, wat nie deel van die reekse is nie.

Bekering

In hierdie les verduidelik ons God se Verlossingsplan aan die kinders, wat dan eindig met ‘n uitnodiging tot bekering. Hierdie les is ook vir die Kinderkerk beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/01/sondagskool-les-bekering-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/01/kinderkerk-les-bekering/

Jesus se Geboorte

Hierdie is ‘n baie eenvoudige les, die verhaal van Jesus se geboorte word gelees, en na elke gedeelte is daar ‘n speletjie wat die kinders speel om die deel vir hulle beter te verduidelik.  Niks ‘fancy’ nie, want DIS mos nie waaroor Kersfees gaan nie! Ons het ook ‘n les oor Jesus se geboorte vir die Kinderkerk.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/11/22/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/11/24/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-jnr/

Paasfees

Paasfees is die tyd waarin ons Jesus se wonderlike liefdesoffer aan die kruis herdenk, maar ook die grootste geskenk, Sy opstanding! Maak seker jou kinders verstaan dat Paasfees NIE oor paaseiers en ‘n paashaas gaan nie, maar oor ‘n Verlosser wat die grootste offer en die grootste geskenk vir ons kom gee het. Hierdie les is ook vir Kiderkerk beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/03/16/sondagkool-les-paasfees-snr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/03/06/kinderkerk-les-paasfees/

Pinkster

Ons het ‘n hele klompie Pinkster hulpbronne by die skakel hieronder beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/pinkster/

Nagmaal:

Nagmaal is een van die belangrikste simbole van wat Jesus vir ons gedoen het, en dis iets wat hopelik gereeld in julle kerke gebruik word. Die kinders in ons kerk neem ook deel aan die nagmaal, maar ons vind dat dit baie belangrik is dat ons gereeld met ons kinders oor die gebruik en die betekenis van die nagmaal moet gesels. Ons het ‘n Kinderkerk les asook ‘n Senior Sondagskool les oor die nagmaal beskikbaar op die Blog.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/11/senior-jeugles-nagmaal/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/13/kinderkerk-les-nagmaal/

Drie-Eenheid

In hierdie les praat ons oor die Drie Eenheid en verduidelik dit prakties vir die
klinders. Hierdie les is ook vir die Kinderkerk en Junior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/01/jeugles-drie-eenheid/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/18/junior-jeugles-drie-eenheid/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/08/kinderkerk-les-drie-eenheid/

Raising the Bar

In hierdie les leer die kinders om op te hou ‘limbo’ speel, en te begin ‘hoogspring’ – dit daag hulle uit om anders te leef en anders te lyk as die wêreld.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/30/jeug-raising-the-bar/

Laat jou Liggie skyn

In hierdie les kyk ons na die implikasies van die gesegde – “Laat jou liggie skyn”.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/30/jeug-laat-jou-liggie-skyn/

Hoe praat God met ons?

Die hele les bestaan basies net uit voorbeelde uit die Bybel uit. Omdat dit so ‘n komplekse onderwerp is het ons dit oor twee weke behandel.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/26/jeugles-hoe-praat-god-met-ons/

Wat is Gebed?

Hierdie les kyk na die teksverse wat gewoonlik rondom gebed gebruik word, en help die kinders om dit beter te verstaan.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/26/jeugles-wat-is-gebed/

Halloween

In hierdie les leer ons die kinders waar Halloween vandaan kom, wat dit beteken en hoekom kinders van die Here nie daaraan moet deelneem nie.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/10/04/sondagskool-les-halloween/

Hoe groot is ons God

In hierdie les kyk ons na hoe groot en amazing God is!

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/25/jeugles-hoe-groot-is-ons-god/

Dankbaarheid

Ons is so geneig om altyd te kyk na wat ons nie het nie, en vergeet baie keer van dit wat ons wel het, EN om daarvoor dankie te sê.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/03/25/jeugles-dankbaarheid/

SONDAGSKOOL EN KINDERKERK LESSE:

In hierdie afdeling sal jy al die lesse asook die reekse vind wat ons beskikbaar het. Volg die skakels na die Kinderkerk, Junior en Senior Sondagskool lesse.

Kinderkerk lesse:

Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/

Junior Sondagskool lesse:

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.  Junior lesse is kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-jnr/

Senior Sondagskool lesse:

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-snr/

ANDER NUTTIGE HULPBRONNE:

Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Bybelvasvra:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybelvasvra/

Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

Stories:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Poppekas:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/poppekas/

Kersfees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kersfees/

Moedersdag:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/moedersdag/

Vadersdag:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vadersdag/

Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/funaande/

Saalopening / Kort boodskappe:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

As julle bietjie meer oor ons gemeente wil weet, volg gerus die volgende skakel:

http://kerkbode.christians.co.za/2017/10/27/nuwe-verbeelding-bring-lewe-vir-gemeentes/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s