Sondagskool Lesreeks: My Identiteit in Christus Snr.

id in christus

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: My identiteit in Christus – Seniors

Hierdie is ‘n reeks oor my Identiteit in Christus vir die Senior Sondagskool ons het ook ‘n reeks vir die Kinderkerk.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Wie is ek?
  2. Die hemel is ‘n gratis geskenk
  3. Is ek ‘n sondaar?
  4. Die koste van sonde
  5. Jesus is die antwoord
  6. Om op Jesus alleen te vertrou
  7. Gebedsgeleentheid
  8. Makeover
  9. My Identiteit in Christus
  10. My prentjie versus God se prentjie
  11. Wat sê die Bybel?
  12. Beeld van God 1
  13. Beeld van God 2

1. SONDAGSKOOL LES 1: Wie is ek?

In hierdie les kyk die kinders na hulle eie identiteit en maak ‘n logo wat hulle identiteit uitbeeld. Daarna maak die groepies elkeen ‘n uitbeelding uit klei met die tema: Wie is ek in Christus. Dis ‘n lekker praktiese les met heelwat aktiwiteite vir die kinders.

SONDAGSKOOL LES – 1. Wie is ek

Die kleiresep kan by die skakel hieronder afgelaai word: 

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/09/27/kinderkerk-klei-resep/

2. SONDAGSKOOL LES 2: Die hemel is ‘n gratis geskenk

Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stilstaan by wat Christus vir ons kom doen het.  In hierdie les gesels ons daaroor dat dit onmoontlik is om op ons eie in die hemel te kom.

Die tema van die les word verduidelik aan die hand van twee speletjies wat die kinders speel, en dan tot die gevolgtrekking kom dat niks wat EK kan doen, my in die hemel kan bring nie, dis ‘n gratis geskenk uit God se hand.

SONDAGSKOOL LES – 2. Die hemel is ‘n gratis geskenk

3. SONDAGSKOOL LES 3: Is ek ‘n sondaar?

Die kinders leer in hierdie les dat ons almal sonde doen en dat sonde ‘n ernstige probleem in die mens se lewe is.

SONDAGSKOOL LES – 3. Is ek ‘n sondaar

4. SONDAGSKOOL LES 4: Die koste van sonde

In hierdie les leer die kinders dat sonde skeiding bring tussen ons en God. God is regverdig en Hy moet sonde straf.  Hy is ook genadig en wil ons nie straf nie.

Die verhaal van Agan se sonde en straf in Joshua 7:14-26 word gebruik, saam met ‘n oulike illustrasie oor gemifde brood en die ysbreker stenig die sondaar.

SONDAGSKOOL LES – 4. Die koste van sonde

5. SONDAGSKOOL LES 5: Jesus is die antwoord

In hierdie les ontdek die kinders dat Jesus die antwoord op ons sonde is. Hulle leer dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes en met Sy bloed ons plek in die Hemel gekoop het.  Jesus het gekry wat Hy nie verdien het om te verhoed dat ons kry wat ons wel verdien, die hel, ewige skeiding van God.

SONDAGSKOOL LES – 5. Jesus is die antwoord

6. SONDAGSKOOL LES 6: Om op Jesus alleen te vertrou

In hierdie les leer die kinders dat geloof die sleutel tot redding is. Uit geloof is ons daartoe instaat om in Jesus alleen te vertrou, Sy naam te bely voor ander en jammer te wees oor ons sondes.

SONDAGSKOOL LES – 6. Om op Jesus alleen te vertrou

7. SONDAGSKOOL LES 7: Gebedsgeleentheid

Hierdie is ‘n baie besonderse les met so bietjie ekstra moeite, en ‘n wonderlike manier om die kinders voor te berei vir Paasfees. Hierdie les is in die vorm van ‘n gebedsgeleentheid met gebedstasies. By elke stasie hersien die kinders dit wat hulle die kwartaal geleer het, en berei dit hulle ook voor op Paasfees.

SONDAGSKOOL LES – 7. Gebedsgeleentheid

7. Gebedsgeleentheid – Horlosie

7. Gebedsgeleentheid – Padteken

8. SONDAGSKOOL LES 8: Makeover

In hierdie les leer ons dat ons nie ons lewens vir Jesus kan gee, maar aanhou leef soos ons geleef het nie. Ons het ‘n totale ‘Makeover’ van die Heilige Gees nodig. Dit ‘n lekker praktiese les wat die kinders help om die konsep ‘makeover’ beter te verstaan.

SONDAGSKOOL LES – 8. Makeover

Makeovers PPT

9. SONDAGSKOOL LES 9: My Identiteit in Christus 

In die eerste kwartaal het ons ‘n les gehad met die titel: Wie is ek? In hierdie les kyk ons weer daarna, maar hierdie keer vat ons dit bietjie verder. Die kinders teken hulleself eers as ‘n boom en voeg dan by wat of wie deel uitmaak van hulle identiteit. Daarna gaan kyk ons wie die Bybel sê is ek In Christus is wanneer ek my hart vir Jesus gee, en dan teken die kinders weer ‘n boom na aanleiding van dit wat hulle geleer het.

SONDAGSKOOL LES – 9. My Identiteit in Christus

 

10. SONDAGSKOOL LES 10: My prentjie versus God se prentjie

In hierdie les kyk ons na die prentjie wat God van jou het, en die prentjie wat jy van jouself het, en hoe die twee van mekaar verskil. Dan vra ons die baie belangrik vraag: HOE gaan ons dit regkry om hierdie prentjie wat ons van onsself het met God se prentjie te vervang?

SONDAGSKOOL LES – 10. My Prentjie versus God se prentjie

10. Fake or real PPT

11. SONDAGSKOOL LES 11: Wat sê die Bybel?

In hierdie les gesels ons verder oor die prentjie wat ek van myself het versus die prentjie wat God van my het. Ons gaan terug na ons fondasie toe en kyk wat die Bybel vir ons sê oor ons Identiteit in Christus.

SONDAGSKOOL LES – 11. Wat sê die Bybel

11. Wat sê die Bybel – Brainteaser

12. SONDAGSKOOL LES 12: Beeld van God 1

In hierdie les kyk ons wat dit beteken om na God se beeld geskape te wees, dit beteken nie dat ons soos Hy lyk nie, maar dat ons soos Hy wil wees. Wat ‘n moeilik begrip om aan die kinders te verduidelik, want niemand kan soos God wees nie. Kom kyk hoe ons dit aan hulle verduidelik.

SONDAGSKOOL LES – 12. Beeld van God

12. Beeld van God – PPT

12. Beeld van God – Company-Slogans PPT

 

13. SONDAGSKOOL LES 13: Beeld van God 2

In hierdie les raak ons prakties om die begrip ‘Beeld van God’ vir die kinders vas te maak. Hulle maak slogans om die begrip aan hulle te verduidelik.

SONDAGSKOOL LES – 13. Beeld van God 2

13. Beeld van God 2 -uitdeelstuk

Volg die skakel hieronder na ons Kinderkerk Lesse oor My Identiteit in Christus:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/identiteit-in-christus-kinderkerk/

 

 

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s