Stories: Die Koning het nog een skuif

die koning het nog een skuif - groot

Al lyk jou omstandighede ook hoe sleg, en voel jy dat God nie meer in beheer is nie, maar die vyand, weet dan dat God altyd die laaste sê het. HY bepaal wat gebeur, NIE die vyand nie.

Tema van die storie: God bepaal wat gebeur, NIEMAND anders nie!

Hierdie is die storie van ‘n man wat die skildery met die titel “Skaakmat” in die beroemde Louvre Museum in Parys in Frankryk gesien het. Aan die een kant sit die duiwel en aan die anderkant ‘n man. Die duiwel het “skaakmat” geroep, maar die man wat na die skildery gekyk het, het uitgeroep dat die Koning nog een skuif oor het.

chess

Hierdie is die skildery wat in die Louvre Museum hang met die titel “Chackmate”

Die Koning het nog ‘n skuif

Daar was jare gelede in die beroemde Louvre Museum in Parys in Frankryk ‘n skildery met die titel: “SKAAKMAT”. Dit het ‘n skaakspel voorgestel – die bord op die tafel, met die duiwel aan die een kant en ‘n man aan die anderkant. Die duiwel het ‘n selfvoldane glimlag op sy gesig gehad. Hy het pas “Skaakmat!” geroep – die oorwinningskreet wat in die skaakspel gebruik word, wat ‘n speler sê wanneer hy weet dat hy sy opponent geklop het.

Die man daarenteen het met ‘n stroewe uitdrukking op sy gesig na die bord voor hom sit en staar. Die spel was verby. Hy het teen die Satan verloor. Hy is verlore en ‘n verskriklike ewigheid wag op hom.

‘n Museum is ‘n plek waar ‘n mens jou ordelik moet gedra. Mense gesels nie eintlik met mekaar nie, beweeg stadig in die gange en besigtig al die wonderlike dinge wat uitgestal is.

Maar op ‘n dag hoor die kurator [die opsigter van die museum] ‘n vreeslike lawaai. Hy gaan dadelik uit sy kantoor om te gaan kyk wat aan die gang is. Iemand is besig om die vrede en stilte in die museum te versteur. Hy sien ‘n klompie mense wat saamdrom, en toe sien hy ‘n man wat na die spesifieke skildery van die skaakspel wys. “Dis ‘n leuen!!” sê die man. “Dis nie waar nie!! Dis ‘n leuen!!” roep hy weer uit. Die kurator probeer hom stilmaak en vra vir hom om nie so in die museum te lawaai nie.

Maar weer roep die man uit, terwyl hy na die skildery wys: “Dis ‘n leuen!! Ek sê vir julle dis ‘n leuen!!” “Wat bedoel jy met ‘Dis ‘n leuen’?” vra die kurator. “Dis tog maar net ‘n skildery. Wat is ‘n leuen?”

“Dis ‘n leuen!” sê die man weer. “Ek is ‘n kampioen-skaakspeler. Die spel is nie verby nie. Die koning het nog een skuif oor! Die koning het die laaste skuif! Die man kan die spel wen!”

Halleluja!! Ek glo jy kry die boodskap.

Moses staan voor die Rooi See. Farao storm aan en die volk moet deurgaan. Die duiwel skree: “Skaakmat!”, maar die Koning het nog ‘n skuif.

Daniël word in die leeukuil gegooi en sy vriende in die vuuroond. Die duiwel skree “Skaakmat”, maar die spel is nog nie verby nie. Koning het nog ‘n skuif.

‘n Vrou word op ‘n daad van sonde betrap. Hulle bring haar na die Here Jesus toe. Die duiwel skree “Skaakmat!”, maar die Koning het nog een skuif.

Die Here Jesus hang aan die kruis en die duiwel skree “Skaakmat”, maar die spel is nog nie verby nie. Die Koning het nog ‘n skuif.

Dalk is jy in ‘n slegte posisie in jou lewe en jy dink [die duiwel sê vir jou] dis ‘n “Skaakmat” situasie, maar Koning Jesus het nog ‘n skuif. En met daardie een skuif wen Hy elke keer vir ons die spel. Hoeveel keer in die verlede het ons al die duiwel se “Skaakmat!”-leuens gehoor. Tog laat die Koning ons elke keer triomfeer. – 2 Kor. 2:14.

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Die Koning het nog een skuif

Volg die skakel hieronder na ons ander stories:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/stories/

 

 

8 comments

  1. Ek het hierdie storie al voorheen gelees… het weer hoendervleis op hoendervleis gekry as ek lees “Die koning het nog ‘n skuif oor.” Ons God het die laaste sê!!!

    Liked by 1 person

    • Hi daar! Ons materiaal is ongelukkig net in Afrikaans, omdat ons in Afrikaans bedien. Ek is redelik seker jy sal dieselfde tipe boodskappe in Engels kry. Daar is baie meer Engelse hulpbronne op die internet as Afrikaans.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s