Kinderkerk Lesse

lesse - groot

Is jy opsoek na Kinderkerk en Sondagskool lesse? Kom kyk gerus wat ons beskikbaar het. AL ons lesse is gratis in Afrikaanse op die Blog beskikbaar – volg net die skakels hieronder na die lesse.Ons het ‘n KLOMP materiaal beskikbaar wat jy in die kategorie-afdeling sal vind.

Kinderkerk Reekse

In hierdie afdeling sal jy al die Kinderkerk reekse vind wat ons beskikbaar het.

Die Bybel

Hierdie reeks oor die Bybel bestaan uit twee dele. Die eerste deel is WAT die Bybel is: die geïnspireerde Woord van God, ons Gids ens. In die tweede deel kyk ons na die samesteling van die Bybel sodat die kinders dit beter kan verstaan wanneer hulle dit gebruik. Hierdie reeks vir die Kinderkerk sowel as vir die Sondagskool beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

Vrugte van die Gees

In hierdie afdeling het ons ‘n Kinderkerk lesreeks asook ‘n lesreeks vir die Sondagskool beskikbaar. Die lesse behandel meestal twee vrugte op ‘n keer. Die reeks word afgeskop met ‘n vrugte van die Gees “Funaand” en afgesluit met ‘n vrugte van die Gees Gebedsaand.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/

Gawes van die Gees

Hierdie is ‘n onderwerp wat ons baie min, indien ooit met ons kinders oor praat. Ons het ‘n reeks vir die Kinderkerk asook vir die Sondagskool daaroor geskryf.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/28/kinderkerk-lesreeks-gawes-van-die-heilige-gees/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/11/sondagskool-lesreeks-gawes-van-die-heilige-gees-snr/

My Identiteit in Christus

Hierdie reeks begin by God se Verlossingplan vir die mens, en loop dan deur na my Identiteit in Christus. Ons het dieselfde reeks ook vir die Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/10/kinderkerk-lesreeks-my-identiteit-in-christus/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/10/sondagskool-lesreeks-my-identiteit-in-christus-snr/

Heilige Gees

Die Heilige Gees is die Een in die Godheid waaraan ons partykeer die minste tyd met ons kinders spandeer, omdat ons Hom self nie mooi kan verstaan of verklaar nie. Hierdie reeks poog om die Heilige Gees op ‘n eenvoudige, praktiese manier aan die kleintjies  bekend te stel.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-heilige-gees/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/heilige-gees-kinderkerk/

Sout van die aarde

In Matt 5:13 gee Jesus ons die opdrag om die sout vir die aarde te wees. Sout is egter vir ons ‘n alledaagse item met nie veel meer waarde as om smaak aan kos te gee nie. Sout is egter soveel meer as dit, en as ons DIT verstaan, dan maak die opdrag om sout vir die aarde te wees soveel meer sin en het dit soveel meer betekenis. Dis waaroor hierdie mini-reeks oor “sout vir die aarde” gaan. Hierdie mini-reeks is ook vir die Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-sout-vir-die-aarde/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/11/sondagskool-lesreeks-sout-vir-die-aarde-snr/

God die Vader

Om vir God lief te word moet ek Hom leer ken soos Hy Homself in Sy Woord aan ons bekendmaak, en dis presies wat hierdie reeks oor God die Vader doen. Daar is ‘n reeks vir Kinderkerk, Junior en Senior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-god-die-vader/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/16/lesreeks-senior-sondagskool-god-die-vader/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/03/junior-jeug-reeks-god-die-vader/

Jesus

Ons kinders weet dat Jesus gebore is en aan die kruis vir ons sondes kom sterf het, maar dis waar baie van hulle se kennis oor Hom ophou. Hierdie lesse fokus daarop om kinders aan Jesus voor te stel. Daar is ‘n reeks vir Kinderkerk, Junior en Senior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/kinderkerk-lesreeks-jesus/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/14/sondagskool-lesreeks-jesus-jnr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/12/sondagskool-lesreeks-jesus-snr/

Leef soos Daniël

Ons kyk in hierdie reeks hoe Daniël en sy drie vriende as kinders van God die pad gestap het, en hoe hulle in moeilike situasies moes opstaan vir dit waarin hulle geglo het.  Ons leer hoe God hulle die krag gegee het om in elke situasie die regte ding te doen. Hierdie reeks is aangepas uit Kids Sunday School Place. Hierdie lesreeks is ook vir die Senior Sondagskool beskikbaar

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/

Walk through the Bible

Alhoewel die naam in Engels is, is hierdie Lesreeks vir Kinderkerk en Sondagskool in Afrikaans beskikbaar. Dis so paar ‘funlesse’ waarin ons na ‘n paar interessant goed in die Bybel kyk.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-kinderkerk-lesreeks/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/walk-through-the-bible-sondagskool-lesreeks/

Woord Studie

Hierdie is ons nuwe Lesreeks vir Kinderkerk sowel as Sondagskool. In hierdie reeks probeer ons moeilike woorde in die Bybel op ‘n eenvoudige manier vir ons kinders verduidelik sodat hulle die Bybel beter sal verstaan. Hierdie reeks is vir Kinderkerk en Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/

Kinderkerk Lesse

In hierdie afdeling sal jy al die Kinderkerk lesse vind, wat nie deel van die reekse is nie.

Welkom terug

Hierdie is ‘n lekker funles om kinders terug te verwelkom by die Kinderkerk, en ook nuwe outjies op hulle gemak te stel.

https://algoagemeenskapskerk.com/2020/01/06/kinderkerk-les-funles-welkom-terug/

Reg vir skool

‘Reg vir skool’ is ‘n funles waarin al die belangrike skoolgoed en geestelike beginsels met die kleintjies te hersien. Die les bestaan uit ‘n klomp speletjies wat met skool te doen het, maar dan ook geestelik deurgetrek word.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/01/06/kinderkerk-les-funles-reg-vir-skool/

Bekering

In hierdie les verduidelik ons God se Verlossingsplan aan die kinders, wat dan eindig met ‘n uitnodiging tot bekering. Hierdie les is ook vir die Sondagskool beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/01/kinderkerk-les-bekering/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/02/01/sondagskool-les-bekering-snr/

Jesus se Geboorte

Hierdie is ‘n baie eenvoudige les, die verhaal van Jesus se geboorte word gelees, en na elke gedeelte is daar ‘n speletjie wat die kinders speel om die deel vir hulle beter te verduidelik.  Niks ‘fancy’ nie, want DIS mos nie waaroor Kersfees gaan nie! Ons het ook ‘n les oor Jesus se geboorte vir Sondagskool.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/11/24/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-jnr/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/11/22/sondagskool-les-jesus-se-geboorte-snr/

Paasfees

Paasfees is die tyd waarin ons Jesus se wonderlike liefdesoffer aan die kruis herdenk, maar ook die grootste geskenk, Sy opstanding! Maak seker jou kinders verstaan dat Paasfees NIE oor paaseiers en ‘n paashaas gaan nie, maar oor ‘n Verlosser wat die grootste offer en die grootste geskenk vir ons kom gee het. Hierdie les is ook vir Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/03/06/kinderkerk-les-paasfees/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/03/16/sondagkool-les-paasfees-snr/

Hemelvaart

In hierdie les gesels ons oor Jesus se hemelvaart, Sy laaste opdrag en Sy belofte aan ons.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/24/kinderkerk-les-hemelvaart/

Pinkster

Dis baie belangrik om vir ons kleintjies te leer wat Pinster is en hoekom dit so belangrik vir ons as God se kinders is. Hierdie les is baie interaktief met ‘n hele paar speletjies wat elke deel van Pinkster op ‘n praktiese manier aan die kleintjies verduidelik. Ons het ook ‘n klompie ander Pinkster hulpbronne beskikbaar – van ons eie en van ander plekke.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/27/kinderkerk-les-pinkster/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/pinkster/

Nagmaal

Nagmaal is een van die belangrikste simbole van wat Jesus vir ons gedoen het, en dis iets wat hopelik gereeld in julle kerke gebruik word. Die kinders in ons kerk neem ook deel aan die nagmaal, maar ons vind dat dit baie belangrik is dat ons gereeld met ons kinders oor die gebruik en die betekenis van die nagmaal moet gesels. Ons het ‘n Kinderkerk les asook ‘n Senior Sondagskool les oor die nagmaal beskikbaar op die Blog.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/13/kinderkerk-les-nagmaal/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/12/06/nagmaal-berei-jou-kinders-voor/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/11/senior-jeugles-nagmaal/

Drie-Eenheid

In hierdie les praat ons oor die Drie Eenheid en verduidelik dit prakties vir die
kleintjies. Die Drie Eenheid is ‘n moeilike konsep selfs vir grootmense en ons wil met hierdie les begin om die konsep aan die kleintjies bekend te stel. Hierdie les is ook vir die Junior en Senior Sondagskool beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/06/08/kinderkerk-les-drie-eenheid/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/18/junior-jeugles-drie-eenheid/

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/01/jeugles-drie-eenheid/

Halloween

In hierdie les leer ons die kinders waar Halloween vandaan kom, wat dit beteken en hoekom kinders van die Here nie daaraan moet deelneem nie.

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/10/02/kinderkerk-les-halloween/

Praise and Worship 

Praise and Worship is een van die belangrikste geestelike beginsels wat ons ons kinders van kleinsaf moet leer. Dis ook een van ons kragtigste geestelike wapens. Ons probeer om elke kwartaal ‘n Praise and Worship aand met ons kinders te hou, waartydens dit oor meer as net lekker saamsing gaan. Tydens elke sessie leer ons hulle WAT dit is, sodat hulle van kleins af die waarde daarvan sal besef en leer hoe belangrik dit is. Ons het ook heelwat ander Praise and Worship hulpbonne op die blog beskikbaar.

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/23/kinderkerk-les-praise-and-worship/

https://algoagemeenskapskerk.com/category/praise-and-worship/

Gebedstasies

Gebed is een van die belangrikste fondamente van ons verhouding met God, en daarom is dit uiters belangrik om kinders van ‘n jong ouerdom af daaroor te leer en daaraan bloot te stel, veral die wat nie die voorreg in hulle huise het nie. Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk Gebedstasies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/

Kinderkerk Hulpbronne

Volg die skakels hieronder na ons ander Kinderkerk Hulpbronne:

Kinderkerk Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/04/kinderkerk-speletjies-1/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/10/05/kinderkerk-speletjies-2/

Kinderkerk Liedjies

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/01/20/kinderkerk-liedjies/

Kinderkerk Aanbiedings Hulpmiddels

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/12/15/kinderkerk-aanbiedings-hulpmiddels/

Klei Resep

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/09/27/kinderkerk-klei-resep/

Versteekte Prente

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/30/kinderkerk-versteekte-prente/

Prente vir Lesse

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/01/kinderkerk-prente-vir-lesse/

KINDERKERK EN SONDAGSKOOL LESSE

In hierdie afdeling sal jy al die lesse asook die reekse vind wat ons beskikbaar het. Volg die skakels na die Kinderkerk, Junior en Senior Sondagskool lesse.

Kinderkerk lesse

Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/

Junior Sondagskool lesse

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.  Junior lesse is kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-jnr/

Senior Sondagskool lesse

Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-snr/

ANDER NUTTIGE HULPBRONNE:

Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/

Stories:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Saalopening:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

Poppekas:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/poppekas/

Kersfees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kersfees/

Moedersdag:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/moedersdag/

Vadersdag:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vadersdag/

Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/funaande/

As julle bietjie meer oor ons gemeente wil weet, volg gerus die volgende skakel:

http://kerkbode.christians.co.za/2017/10/27/nuwe-verbeelding-bring-lewe-vir-gemeentes/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s