Ons kinderkerk personeel het ‘n geweldige behoefte aan prente wat die storie vertel waarmee hulle besig is. Soos ons soek daarna kom ons agter hoe skaars dit eintlik is. Jy kry baie individuele prentjies vir inkleur, maar as jy die hele storie geillustreer soek is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.
Ons het in ons soektog op ‘n paar oulike webtuistes afgekom wat spesifiek in hierdie behoefte voorsien en deel graag die skakels met julle. AL die materiaal op hierdie webtuistes is gratis vir print en gebruik. As julle van eniges weet wat ons nie op ons lys het nie, laat weet ons groot asseblief by “kontak ons” sodat ons dit kan byvoeg.
REEKS PRENTE VIR DIE LES:
Bible for children:
http://bibleforchildren.org/languages/afrikaans/stories.php
Hierdie webtuiste is ‘n juweel! Jy kan die stories in kleur of swart en wit aflaai, en die beste van alles is, is dat die geskrewe teks in Afrikaans en gratis is! Dit kom voor asof dit direk uit die Bybel kom, so dis plek-plek bietjie ‘hoog’ vir die kleintjies, maar nogsteeds baie oulik. Daar is 35 Ou Testament en 22 Nuwe Testament stories.
Free bible images:
http://www.freebibleimages.org/
Hierdie webtuiste is fantasties! Dit lyk of hulle prente vanoor die hele internet bymekaargemaak en gratis op een plek beskikbaar stel. Baie van die Bybelverhale word ook op meer as een manier geillustreer so jy kan kies wat die beste vir jou kinders sal werk. As jy nog nie op hierdie webtuiste was nie, gaan loer gerus!
Lambsongs:
http://www.lambsongs.co.nz/bible%20story%20books.htm
Hierdie webtuiste is een van ons gunstelinge. Dit het soveel Bybelverhale en Bybelgedeeltes geillustreer dat dit werklik te veel is om op te noem. Wat wonderlik van Lambsongs is is dat jy ‘n groot boek kry – soos hulle dit noem – dis die hele verhaal geillustreer, elke deel van die storie in A4 grootte, in wit en swart, of in kleur. Dan is die hele storie ook op een A4 grootte beskikbaar in wit en swart, of kleur. Dis in pdf of publisher formaat beskikbaar, dis egter baie maklik om die prentjies te ‘copy en paste’ van pdf na word en dan jou eie teks in Afrikaans by te skryf. En natuurlik – dis GRATIS!
Free Christian Illustrations:
http://freechristianillustrations.com/
Hierdie is ‘n webtuiste wat een van ons Jeugleiers ons van vertel het en BESLIS die moeite werd om na te gaan kyk. Daar is ‘n GROOT verskeidenheid van hulpbronne: illustrations; Clip arts; Colour-ins; E-books; Bookmarks; Ponder posters; resources. Gaan loer gerus!
Christian Cliparts
Ons gebruik van die Blog se prente van hierdie webtuiste, omdat hulle gratis is en geen beperkings op die gebruik van hulle materiaal het nie. Gaan kyk gerus na hulle pragtige prente en die groot verskeidenheid wat hulle het.
Gospelhall
http://www.gospelhall.org/index.php?option=com_docman&task=cat_view&gid=106&Itemid=65
Hierdie is ‘n webtuiste wat ons vandag ontdek het. Dit het baie oulike materiaal – Bybelse speletjies, lesse, PowerPoint’s oor ‘n verskeidenheid onderwerpe en dan ‘n MAGDOM ‘minibooks’ oor verskillende Bybelverhale. Hulle het onsettend baie materiaal en jy moet maar geduldig wees en deur al die materiaal werk, die ‘minibooks’ is so tussen al die ander goed, ongelukkig nie mooi op een plek nie.
Die ‘minibooks’ is in pdf formaat, en na die ‘minibooks’ is al die prentjies ook in A4 grootte in dieselfde dokument beskikbaar. Die wonderlikste is natuurlik dat jy alles GRATIS kan aflaai! Besoek hulle gerus, dis beslis die moeite werd!
Sermons4Kids
https://www.sermons4kids.com/hmartin.htm
Sermons4kids is ‘n redelik bekende webtuiste, wanneer jy die skakel hierbo volg dan kry jy amper aan die einde van die bladsy ‘n afdeling: PowerPoint Slides – hier is ‘n hele paar Bybelverhale wat geillustreer is en regtig mooi is om te gebruik.
Meaburrelareligion
http://meaburrelareligion.blogspot.co.za/
Hierdie webtuiste het baie mooi prentjies om die Bybelverhaal mee te vertel of om die kinders te laat inkleur. Dit lyk of dit in Spaans is, maar daar is ‘n ‘translate’ opsie wat dit baie maklik maak om die webtuiste te gebruik. In die regterkantse ‘menu’ is daar ‘n LANG lys van Bybelverhale met die oulikste prente by. Gaan loer gerus daarna.
INDIVIDUELE PRENTE VIR INKLEUR:
Die volgende webtuistes het oulike prente wat jy kan gebruik vir die kinders om in te kleur na die les:
http://www.childrenstory.info/biblestoryforchild/cb1.html
https://whatsinthebible.com/activity-library/noahs-ark/
http://www.kids-n-fun.com/coloringpages/bible-stories
http://wooworl.com/tag/bible-story-coloring-pages-for-kids/
https://www.sermons4kids.com/gkennedy.htm
BYBEL INKLEURBOEKE:
Die volgende drie webtuistes het Bybel inkleurboeke wat jy gratis in pdf formaat kan aflaai.
http://thebeginnersbible.com//includes/files/base/documents/bb-ColoringBook.pdf
http://www.refdunantul.hu/data/downloads/2010/11/02/nagy_bibliai_kifest%C5%91k%C3%B6nyv.pdf
http://www.touchoffire.com/download.htm
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/01/kinderkerk-prente-vir-lesse/ […]
LikeLike