By Algoa Gemeenskapskerk kry niemand die eer vir enige iets wat gebeur nie, want ons bly afhanklik van God in alles wat ons doen. Die liedjie van Chris Tomlin – I will follow – wat ons sing, kan amper ons ‘temalied’ wees.
Where You go I’ll go, when you stay, I’ll stay, when You move, I’ll move – en dit is wat ons vir ons kinders probeer leer. Gebed is een van ons belangrikste fondamente, en dis belangrik dat ons dit vir ons kinders van ‘n baie jong ouderdom af leer. Ons gebedsaand is ‘n lekker nie-bedreigende manier waarop ons dit doen, want dis lekker aktief en die kinders geniet dit baie.
Jeug Gebedsaand: I will follow
Ysbreker: Ballonne word op die vloer gegooi, wanneer die musiek begin speel moet elke kind probeer om so vinnig as moontlik ‘n ballon te probeer bars. Binne-in die ballon is ‘n papiertjie met dit waaroor die kind oor moet bid daarop geskryf.
Hoekom bid ons: Vriende kommunikeer met mekaar, praat met mekaar en deel goed op facebook met mekaar. Jesus noem ons Sy vriende – as Jesus ‘n facebook page sou gehad het, dink jy Hy sou JOU ‘ge-friend’ het?
Bagasie: Baie van die kinders se antwoord sou dalk ‘nee’ gewees het, want hulle voel dat hulle te veel ‘bagasie’ het. Twee videoclips word gespeel om dit vir die kinders te probeer verduidelik. Daarna kom haal hulle ‘n stukkie rommel by ons, skryf hulle ‘bagasie’ daarop neer, bid daaroor en gooi dit in die drom.
Familie en vriende gebedsketting: Elke kind kry ‘n stukkie papier en pen, hulle skryf die familielid of vriend se naam neer waaroor hulle bekommerd is wat nog nie vir Jesus ken nie. Die groep sit al die papiertjies aanmekaar vas in die vorm van ‘n ketting, hou dit vas en bid vir die name op die papiertjies.
Lig vir die wêreld: Al die leiers gaan staan in die saal en kry elkeen ‘n kers. AL die ligte word afgesit en die eerste leier kom van agter met ‘n kersie ingestap. Elke keer wanneer die persoon halfpad is kom die volgende leier met ‘n kers in totdat al die leiers in hulle groepe met ‘n kers sit. Ons as Jesus se kinders kan en MOET ‘n verskil in die wêreld maak soos die kersies ‘n verskil aan die donker gemaak het. Bid oor hoe jy ‘n verskil vir Jesus kan maak.
Wat het jy van God nodig: Elke kind skryf ‘n gebedsversoek – dit wat hulle van God nodig het op ‘n blaaitjie neer, bid daaroor en gaan druk dit in ons gebedsmuur.
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander gebedshulpbronne
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/