Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
Minute-to-Win-it
Minute-to-Win-it speletjies is ‘n heerlike manier om die kinders besig te hou, en ‘n klomp lesse te leer. Ons het op ‘n Blog, HollysHome afgekom, wat die Minute-to-Win-it konsep gevat het en dit in Ou en Nuwe Testament speletjies omskep het.
Dis regtig oulik wanneer jy oor ‘n spesifieke Bybelfiguur wil praat, of ‘n tema wil beklemtoon. Dit kan ook as ‘n Funaand gebruik word, of as julle as familie bietjie oor die Bybel wil gesels en dit op ‘n ‘fun’ manier met die kinders wil doen. Wat baie oulik is, is dat sy bekende Minute-to-Win-it speletjies gevat het en dit deurgetrek het na ‘n deel in die Ou of die Nuwe Testament.
Ons het die speletjie oor Josef se jas, en die verlore skaap verlede kwartaal met ons Bybelse Familie Funaand gedoen en die kinders wou nie ophou speel nie! Ons het ‘n videoclip op Youtube gesoek oor Josef en die Verlore skaap, dit gespeel, die kinders bietjie daaroor laat gesels en toe die speletjies gespeel. Dis beslis ‘n wenner vir die groot en klein.
Hier is die skakels na die webtuiste:
OU TESTAMENT SPELETJES:
NUWE TESTAMENT SPELETJIES:
CHILDREN’S MINISTRY DEALS – minute-to-win-it-games
Besoek gerus die volgende webtuiste, hulle het ‘n wye verskeidenheid gratis speletjies van Paasfees, Kersfees, Dankbaarheid, Vadersdag, Moedersdag, boeke van die Bybel ens.
https://www.childrens-ministry-deals.com/collections/types?q=Minute%20To%20Win%20It%20Games
- Jy druk op die speletjie wat jy wil aflaai.
- Tik jou naam by die ‘log in’ in
- Dan ‘check out’
- Op die volgende bladsy voeg basiese inligting in soos jou email adres, en jou fisiese adres
- Dan druk jy die ‘contiune to payment method’
- Hier kry jy ‘n ‘your order is free. No payment required’
- Druk ‘complete order’
- Hier gee hulle jou naam en onder dit waar jy druk om die produk gratis af te laai.
- Volg die instruksies daarna vir direkte ‘download’
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons ander Jeug Funaande:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/03/speletjies-bybels-minute-to-win-it/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/08/03/speletjies-bybels-minute-to-win-it/ […]
LikeLike
[…] Bybel Speletjies: Minute-to-Win-it […]
LikeLike