AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Hemelvaart
In hierdie les gesels ons oor Jesus se hemelvaart, Sy laaste opdrag en Sy belofte aan ons. Die kinders speel ‘n “40 sekonde” speletjie met ballonne, wat hulle herinner aan die 40 dae wat Jesus op aarde was voor Sy Hemelvaart. Daarna word die ballonne ‘gepop’ en moet die kinders die volgende vier gebeure in groepies teken:
- Die drie kruise waarop Jesus en die twee rowers gehang het;
- Die toe graf waarin Jesus begrawe is;
- Die leë graf van Jesus;
- Jesus wat op die strand sit en vis braai vir die dissipels;
Daarna word die verhaal van Hemelvaart volgens Hand 1:1-11 aan hulle vertel.
Laai die dokumente hieronder in pdf formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Hemelvaart Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/hemelvaart/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/24/kinderkerk-les-hemelvaart/ […]
LikeLike
[…] 1. https://algoagemeenskapskerk.com/2018/04/24/kinderkerk-les-hemelvaart/ […]
LikeLike