Kinderkerk Liedjies

liedjies - groot

Die kinders by Algoa Gemeenskapskerk is MAL oor  Praise and Worship en kan letterlik nie genoeg daarvan kry nie. Om musiek te vind waarvan jou kinders hou en by JOU kinders se kultuur pas is egter nie altyd so maklik nie.

Vandag wil ons bietjie Praise and Worship hulpbronne vir die kleintjies by Kinderkerk deel.

Soekie Krog

Soekie Krog het ‘n baie oulike hulpbron op haar website waar jy liedjies individueel teen R10 een koop kan koop, en daar is 221 om van te kies! Elkeen het ‘n kort snit van 30 sekondes waarna jy kan luister. Dis baie gerieflik, want jy hoef nie ‘n hele CD te koop nie, net die liedjies wat jy wil gebruik. Dis ook goedkoop genoeg om sommer ‘n hele paar te kan koop en weet jy kan dit gebruik wat jy koop.

Daar is natuurlik ook ‘n KLOMP CD’s om van te kies.

Hier is die skakel na die webtuiste waar jy die musiek kan koop.

koop:http://shop.soekiekrog.com/product-category/music/song-download/

Die lys hieronder is die liedjies van Soekie en die Radikids wat ons vir die Kinderkerk gebruik.

 

Go fish

Ons kinders is MAL oor Go Fish se musiek. Hulle het ‘n lekker verskeidenheid liedjies, maar ons kon dit nog nie hier in Suid-Afrika opspoor nie (nie omdat ons nie probeer het nie), so ons gaan maar die YouTube roete.

Die lys hieronder is die liedjies van Go Fish wat ons vir die Kinderkerk gebruik.

 

Nedine Blom

Nedine Blom het ook ‘n paar BAIE oulike liedjies wat die kleintjies geniet by die Kinderkerk. Ons kon haar liedjies ‘popcorn’ en ‘rockstar’ ongelukkig nie op Youtube opspoor nie, maar dis ons kleintjies se gunsteling liedjies van haar.

Haar CD’s is op takealot teen so R100 per CD by die volgende skakel te koop:

https://www.takealot.com/all?qsearch=nedine+blom&_sb=1&_dt=all&_r=1

Jy kan dit ook by die volgende skakel koop, asook ‘n kort snit daarna luister, al die liedjies wat ons vir Kinderkerk gebruik is op die Supercool vir Jesus 1 CD: 

https://raru.co.za/music/93087-nedine-blom-supercool-vir-jesus-1-cd

Hier is die lys met haar liedjies wat ons vir Kinderkerk gebruik.

Kinderkerk Liedjies:

Hierdie lys bevat liedjies van verskillende groepe. Ons het nog ‘n paar ander liedjies wat ons ook by die Kinderkerk sing wat ons ongelukkig nie op YouTube kon opspoor nie.

 

 

Praise and Worship danse:

Hier is videoclips van AL ons Praise and Worship danse wat ons vir ons onderskeie Jeuggroepe gebruik – Kinderkerk, Jeug, Sondagskool.

 

Volg die skakel hieronder na al ons Kinderkerk materiaal:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s