Daar is so paar belangrike lesse waarmee ons graag die begin van ‘n kwartaal probeer afskop, en Praise and Worship is een daarvan. Ons kinders geniet Praise and Worship baie, maar ons moet gereeld herinner WAAROOR dit gaan en met WIE hulle besig is daartydens.
Praise and Worship aand 3:
Ysbreker: Ons probeer om ons Praise and Worship aande interaktief te hou soos al ons ander lesse. Die aand begin met ‘n ysbreker met sokker spelers en toeskouers wat hard moet skree en ‘cheer’, die vraag word daarna gevra waarom ons vir ons sportsterre en popsterre kan skree en tekere gaan, maar wanneer dit by Jesus kom dan is ons skaam en kan ons nie ons monde oopmaak nie.
Praise: Kinders kry papiertjies om iets amazing oor God neer te skryf, en dit word dan in ballonne gedruk, want ons gaan God nou ‘celebrate’. Hier sing ons dan so vier van ons liedjies.
Worship: Worship word aan die kinders verduidelik, hulle kry papiertjies om ‘skoon te maak voor’ God terwyl ‘Lord I need You’ gespeel word. Daarna sing ons weer drie van ons Worship liedjies.
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
JEUGLES -Praise and Worship aand 3
Hier is die videoclips van die liedjies wat ons vir die aand gebruik het:
Volg die skakel hieronder na ons ander Praise and Worship Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/