Hierdie Blogpost is buite die gewone onderwerpe waaroor ons gewoonlik skryf, maar ons wil graag ‘n positiewe bydrae maak hier in die nuwe jaar met die kinders wat oppad terug skool toe is. Ons weet hoe moeilik dit is om goeie bruikmare materiaal in Afrikaans op die internet op te spoor.
Ons het bietjie tyd afgestaan en gaan rondsoek na Afrikaanse materiaal vir skooltake, skoolprojekte, vraestelle en enige ander hulpmiddels vir skool. Julle mag dalk met baie van hulle bekend wees, maar miskien is daar ‘n paar nuwes wat die lewe in die nuwe jaar vir jou en die kinders makliker mag maak.
My Klaskamer
Hierdie is een van die nuttigste hulpbronne op die internet om van te weet as jy Laerskool kinders het. Dis ‘n blog van ‘n laerskoolonderwyseres – Juffer – (met ervaring van leerders op die Outisme-spektrum), waar sy lesplanne en -idees deel en jy werkkaarte kan aflaai en uitdruk. Gerig op die Grondslagfase. Baie van haar hulpbronne is gratis, maar van hulle moet jy koop. Volg die sakel hieronder na hierdie wonderlike hulpbron:
Mieliestronk
Die moeder van Afrikaanse ensiklopedieë dek letterlik elke, liewe onderwerp onder die son – alles in Afrikaans. Gelaai met hulpbronne en inligting vir skooltake, nalees, oplees en sommer net lekkerlees. Alles gratis! Volg die sakel hieronder na mieliestronk:
Mr V’s Classroom Companion
Nog ‘n omvattende webtuiste propvol (gratis) hulpbronne; van vraestelle en les-idees, tot werkkaarte en video’s om klasgee makliker en interessanter te maak. Ook met handige skakels na ander onderwys-hulpbronne. Volg die skakel hieronder na Mr V’s Classroom
http://mnrvermeulen.blogspot.co.za/
Litnet se klaskamer
Litnet se KlasKamer is propvol skakels vir almal wat betrokke is of belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. Die inhoud is nie tot taalonderrig of net hoërskoolleerders beperk nie. Daar is ook skakels na bv. Geskiedenis-blokraaie en hulp met Wiskunde vir laerskoolleerders en hul onderwysers. Met skakels na notas, vraestelle en toetse. Volg die skakel hieronder na Linet se Klaskamer:
http://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/
Virseker-versekering se Afrikaanse Lekkerlees-toep
Leesstukke vir leerders van graad 4 – 12, wat elkeen volgens moeilikheidsgraad in agt vlakke verdeel is. ‘n Graad 4-leerder behoort Vlak 1 te kan doen, en Vlak 8 se ingewikkelde leesstof is vir graad 12 bedoel, maar die kleintjies sal dit ook interessant vind. Volg die sakel hieronder na Virseker se webtuiste waar jy meer daaroor kan lees:
https://www.virseker.co.za/dagboek/virseker-trust/afrikaanse-lekkerleestoepassing/
Aanlyn speltoetser
Volg die skakel hier langsaan om Tiaan Geldenhuys se gratis speltoetser vir Afrikaans af te laai wat jy altyd byderhand kan hou: http://blog.tiaan.com/af/webapp/spellchecker
Of volg die skakel hieronder om sy aanlyn-speltoetser op sy blog te gebruik.
http://blog.tiaan.com/af/link/2005/09/04/offline-afrikaans-spellchecker
Afrikaanse Skoolprojekte:
Hier kan jy inteken of spesiale pakkette koop om studiemateriaal (insluitend vraestelle) vir alle vakke, af te laai. Materiaal word gereeld bygewerk en elke pakket het ‘n afdeling met beroepsvoorligting. As jy die CD koop, kry jy gratis toegang tot die aflaaibare dokumente. Spesiale afslag vir ‘n intekening vir meer as een leerder uit ‘n gesin. Tans net vir graad 1 – 10. Volg die skakel hieronder na die webtuiste:
http://www.afrikaanseskoolprojekte.co.za/
Departement van Basiese Onderwys
Dis dikwels die beste om by die oorspronklike bron om hulp aan te klop. Die Departement van Basiese Onderwys se webtuiste het skakels na verskeie hulpbronne, onder meer ook die afgelope paar jaar se matriekvraestelle (en antwoordstelle) vir alle vakke. Volg die skakel hieronder na hulle webtuiste:
Die Ekonomie Blog
Dr Waldo Krugell van die NWU se Skool vir Ekonomie op die Potch-kampus se blog vir leerders van graad 10 -12. Hy deel handige skakels na ekonomiese nuus uit koerante, tydskrifte en internetbronne (‘n aanvullende vereiste vir leerders) en bespreek aparte temas (volgens die kurrikulum) vir elke graad. Volg die skakel hieronder na sy Blog:
Edmodo
‘n Opvoedkundige webtuiste (ook op tablette en selfone beskikbaar) in die formaat van ‘n sosiale netwerk. Onderwysers skep hul eie rekening en kan bv. video’s, dokumente, ou vraestelle en lesse vanaf hul rekenaar oplaai en dit aan leerders beskikbaar stel. Leerders kry toegang met ’n wagwoord en ouers kan per e-pos op hoogte gehou word. Volg die skakel na die webtuiste: https://www.edmodo.com/
Fanie Viljoen
Die webtuiste van die skrywer Fanie Viljoen, wie se boek, Onderwêreld, vanaf 2017 die voorgeskrewe werk vir matriek is, het agtergrondinligting, besprekings, resensies en video’s. Ook met skakels na slypskole en werksessies. Volg die skakel hieronder na die webuiste:
http://www.fanieviljoen.co.za/onderwereld/
Huisgenoot in die Klaskamer
Die oudste tydskrif in die land is bekend vir die uitstekende opvoedkundige materiaal wat in die tydskrif verskyn. Al hierdie artikels, infografika en werkkaarte is een-een in die aanlynwinkel op die Klaskamer-afdeling van die webtuiste, te koop. Volg die skakel hieronder na die webtuiste:
http://klaskamer.huisgenoot.com/meer-oor-klaskamer/
Matriek vraestelle:
Ou matriek vraestelle kan gratis by die volgende webtuistes afgelaai word:
https://www.teachme2.co.za/matriek-vraestelle
http://olivershouse.co.za/community-projects/educational-learning-centre/grade-12-past-exam-papers/
Hulp met Wiskunde:
Gratis Wiskunde vraestelle kan by die volgende skakel afgelaai word:
http://internetlearning.co.za/view.php?viewDocumentationID=15
Wiskunde-hulp in Afrikaans:
Ekstra aanlyn hulp vir Graad 4-12 Wiskunde vir R50 per maand
Hoërskool Wiskunde en Weteskap video lesse vir R50 per maand
As jy van enige ander hulpbronne weet wat ons nie hier het nie laat ons asseblief weet sodat ons hierdie lys so volledig as moontlik kan hou.